Kalahari Lodge
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Brenda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 95
Jaar gelys 2
Opsomming van Resensie
Andries D - Apr 2024
Algehele gradering
Die eenslaapkamer fasiliteit was goed toegerus met veilige parkering.
Koot S - Mrt 2024
Algehele gradering
Aangename ervaring in die Karoo.
Lynne M - Feb 2024
Algehele gradering
It was perfect for our requirement.
Renate K - Des 2023
Algehele gradering
Clean, quiet and comfortable. Perfect for a night's rest after a long drive.
Kalahari Lodge se terugvoer
Renate, thank you so much for taking your time to send a review. It was such a pleasure to accommodate you! I hope you had a splendid time of rest during your holiday. May the new year bring many blessings! Kind regards, Marie Jacobs
Mercia B - Des 2023
Algehele gradering
Was gul ontvang deur die eienaar Marie Jacobs. Pragtige plek.
Kalahari Lodge se terugvoer
Mercia, dit is vir my so ongelooflik lekker om hierdie review te lees! Dankie dat jy in jou vakansietyd nog tyd afstaan om dit te doen. Ons waardeer dit so baie. Altyd lekker om sulke vriendlike gaste te ontvang, want dit maak ons Karooharte nog warmer. Mooiste 2024 vir julle. Vriendelike groete, Marie
Jan N - Aug 2023
Algehele gradering
Het heerlik oornag.
Kalahari Lodge se terugvoer
Jan, goeiedag hier uit die Karoo! Baie dankie dat jy moeite gedoen het om vir ons hier te reageer en dit is net so lekker om sulke heerlike positiewe terugvoer te kry. Dit doen my hart so goed en maak dit regtig vir 'n mens so 'n plesier dat mens net bid en vertrou vir nog sulke positiewe gaste. Hoop jul het 'n heerlike vakansietyd gehad. As jul weer deur die Karoo ry, dan weet julle waar om halfpad te kom rus. Vriendelike groete. Marie Jacobs
Alroy S - Aug 2023
Algehele gradering
Lekker rustige oorslaap as jy in die Noord-Kaap toer.
Kalahari Lodge se terugvoer
Alroy, baie dankie dat jy tyd geneem het om terugvoer te gee na julle heerlike toer in die blommewêreld van die Noordkaap. Almal vertel ons net hoe mooi dit is. Ons was bly dat ons vir jul 'n aand se oorslaap kon aanbied. Baie vriendelike groete.
Johnny C - Mei 2023
Algehele gradering
Eienaar en bestuurder baie hulpvaardig. Het ook alle detail en besonderhede t.o.v. plek asook eetplekke ens. verskaf.
Kalahari Lodge se terugvoer
Johnny, baie dankie vir jou positiewe terugvoering. Dit word sò waardeer. Hoop julle het veilig gery. Vriendelike Karoogroete. Afrique Karoo Lodges. Marie Jacobs
Elna L - Feb 2023
Algehele gradering
Rustig en veilig.
Len W - Jan 2023
Algehele gradering
Pleasant stay.
Kalahari Lodge se terugvoer
Len, ons waardeer so jou pragtige terugvoer. Dit beteken vir ons in hierdie Karoo dorpie baie. Ons wens jou en jou gesinnetjie net die mooiste toe vir 2023.
Doreen S - Jun 2022
Algehele gradering
Lieflike plek.
Lees meerKalahari Lodge se terugvoer
Doreen, thank you so much for your positive, friendly remarks! It really is a pleasure to book guests who are happy and content. A pity that we did not meet, but by communicating on WhatsApp I feel so much connected to you and I could still see you. As it is dangerous nowadays, I never book in when it is getting dark, so I am grateful that you accepted the way I arranged with you according to your booking. Hope we see in future!!! Everything of the best. Marie Jacobs (Owner: Afrique Karoo Lodges: Afrique and Kalahari Lodges)
Jadranka G - Des 2021
Algehele gradering
Very nice stay. Clean. Host was really great.
Kalahari Lodge se terugvoer
Hi Jadranka, I am so sorry that I missed this review from you, and it warms my heart today. Thanks for taking the time to add a review. I hope you had a lovely December holiday!
Kind regards from the heart of the Karoo.
Marie Jacobs
Frans V - Okt 2021
Algehele gradering
Carnavon se krag en dus water en selfoontorings was af to 2 uur die oggend. Ons het dus maar gebraai by lamplig.
Kalahari Lodge se terugvoer
Frans, baie dankie vir jou terugvoer. Gelukkig kan ons almal saam vir Eskom en die natuur blameer hiervoor. En ja, so ly ons hele dorpie daaronder en nie net die gaste nie. Baie dankie dat jy dit nog steeds vir julself lekker probeer maak het jul mooi gesindheid en grappies. Dit was so heerlik om jul te kon ontvang hier. Hopelik sal toestande met Eskom vorentoe verbeter dat jul onder beter omstandighede hier kan oornag, van die stofstrate weet ek nie so mooi nie, want dit is so deel van die Karoodorpies soos die droogte hier. Weet nie of die Munisipaliteit ooit daaraan sal aandag gee nie.Maar dalk. Tot weersiens. Ek gaan nog plan maak met jou groot kussing.
Erwin W - Sep 2021
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs, volledig toegerus, netjies en veilig.
Kalahari Lodge se terugvoer
Erwin, baie baie dankie dat jy moeite gedoen het om terugvoer te gee.
Ons geniet dit so as iemand net iets positief kan sê en dit gee mens sommer weer moed om aan te gaan.
Dit sal werklik so lekker wees om julle weer te ontvang.
Vriendelike groete uit die Karoo.
MarieJacobs (Eienares)
Norbert F - Aug 2021
Algehele gradering
Maybe a bit cramed but has all we required for an overnight stay.
Kalahari Lodge se terugvoer
Norbert, thanks for your reply. Much appreciated. My apartments are just for overnight stay and not long term, so it cannot be compared with apartments at the seaside or holiday places. I do appreciate your friendly comment. I think the photo's on the websites reveal quite clearly how it looks like for our guests before they make a choice where to stay.
Kind regards, Marie Jacobs
Curt C - Jun 2021
Algehele gradering
Beslis waarde vir geld.
Kalahari Lodge se terugvoer
Curt baie dankie dat julle 2 manne so 'n positiewe terugvoer gee. Ons waardeer dit baie!
Kom gerus weer!
Vriendelike groete,
Marie
Monica C - Feb 2021
Algehele gradering
Baie netjies en veilig gewees.
Kalahari Lodge se terugvoer
Monica goeiemore, jammer dat ek jou terugvoer gemis het. Baie baie dankie dat jul moeite gedoen het om so positief te reageer.
Ons waardeer dat julle hier in die Karoo 'n draai kom maak.
Vriendelike groete,
Marie
Yadah L - Des 2020
Algehele gradering
Teleurgesteld.
Anna S - Des 2020
Algehele gradering
Wonderlike ervaring.
Kalahari Lodge se terugvoer
Anna goeiemore, baie baie dankie vir jou terugvoer oor julle verblyf. Dit is vir ons baie lekker om sulke positiewe terugvoer te ontvang. Jammer dat ek hierdie gradering gemis het!
Vriendelike groete uit die Karoo.
Marie
Johan D - Nov 2020
Algehele gradering
Uitstekend.
Kalahari Lodge se terugvoer
Johan, baie dankie dat jul terugvoer gegee het. Dit word so baie waardeer. Erêns het ek hierdie gradering gemis. Nou doen dit my hart so goed!
Cobus S - Okt 2020
Algehele gradering
WAS NET VIR OORNAG DOELEINDES EN IS VIR DIE DOEL BAIE BEVREDIGEND.
Kalahari Lodge se terugvoer
Cobus, goeiedag. Baie baie dankie dat julle moeite gedoen het, wat soveel gaste nie doen nie, om net vir ons te laat weet hoe jul jul verblyf ervaar het.
Baie dankie hiervoor. Dit beteken werklik vir ons baie dat julle omgee. Ons wens jul n aangename reis verder toe en vertrou ons sien weer vorentoe.
Vriendelike groete hier uit ons Karoo.
Marie, Eienares.
Jandre J - Des 2019
Algehele gradering
Fantasties.
Danie S - Des 2019
Algehele gradering
Baie goeie oornagfasiliteit.
Karin V - Des 2019
Algehele gradering
Ruim, alles werk, uitstekende dekorasie, voldoende ontbyt en goeie waardevolle en prysenswaardige diens van bestuurder.
Peet G - Feb 2019
Algehele gradering
Rustig en ontspannend.
Kalahari Lodge se terugvoer
Geagte Magda,
Baie, baie dankie vir hierdie waarderende en positiewe terugvoer. Dit is nou werklik vir 'n eienares so 'n heerlike ervaring om so iets op skrif te ontvang. Groot, groot waardering. Hoop ons sien weer in die toekoms.
Vriendelike groete,
Marie Jacobs
Etienne V - Jan 2019
Algehele gradering
Eerste keer en laaste keer.
Marius M - Des 2018
Algehele gradering
Baie lekker.
Ansie S - Des 2018
Algehele gradering
Peace and quiet.
Kalahari Lodge se terugvoer
Thanks, Ansie. Your friendly comment and appreciation mean a lot to me. We hope we will see again in future.
Charlotte F - Des 2018
Algehele gradering
Absoluut briljant!
Kalahari Lodge se terugvoer
Charlotte, middag. Baie dankie vir jou pragtige, positiewe terugvoer. Dit is vir ons werklik so lekker as ons gaste die tydjie van oorslaap geniet hier op Carnarvon.
Mooi 2019 vir julle gesin!!!
Thys F - Des 2018
Algehele gradering
Uitstekende waarde vir geld.
Kalahari Lodge se terugvoer
Thys, middag! Baie dankie, hierdie pragtige kommentaar gee ons sommer so 'n hupstoot om 2019 werklik met n lekker hart aan te pak. Sterkte vir 2019 en ons vertrou dat ons jul pragtige mense weer in die toekoms hier op Carnarvon sal ontvang.
Chris T - Sep 2018
Algehele gradering
Wat 'n heerlike ondervinding in die Karoo. Baie dankie aan Marie vir die oorslaap, ons maak weer so.
Kalahari Lodge se terugvoer
Chris middag,
Ek het nooit hierdie terugvoer raakgelees nie!!! Baie dankie! Dis n riem onder my hart!! Hoop ons kan jul vorentoe weer hier op Carnarvon ontvang!
Mag 2019 mooi loop met julle!!!
Pieter D - Sep 2018
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Kalahari Lodge se terugvoer
Pieter middag,
Dankie vir jou terugvoer wat my êrens ontgaan of ontglip. Waardeer jou positiewe terugvoer!
Mooi 2019 vir julle!!!
Marie
Brenda G - Aug 2018
Algehele gradering
Warm Karoo gasvryheid!
Kalahari Lodge se terugvoer
Brenda, baie dankie vir jou positiewe bydrae tot ons plekkies.
So jammer ek kon jul nie self ontmoet nie, maar Betsie het my vertel van die aangename mense.
So bly julle het lekker geblyen ja, niks kom by murgsagte smaaklike Karoolam uit Carnarvon nie.
Annelize D - Aug 2018
Algehele gradering
Lekker rusplek vir moeë reisigers.
Kalahari Lodge se terugvoer
Annelize,
Baie dankie vir jou vriendelike en opbouende terugvoer. Dit is altyd vir ons lekker om ons gaste hier te ontvang en tien maal meer lekker om sulke aangename mense te ontvang. Dit is regtig vir my en my twee assistente 'n voorreg om die plekkies vir jul gebruikersvriendelike te maak. Hoop ons sien julle weer vorentoe.
Karoogroete,
Marie
Bert B - Mei 2018
Algehele gradering
Dit was 'n ervaring wat ons lank as 'n aangename herinnering sal bybly.
Kalahari Lodge se terugvoer
Bert, dit is werklik baie, baie aangenaam om so 'n vriendelike, opbouende en besielende terugvoering te ontvang. Sjoe man, dit doen 'n mens se hart sommer goed. Dit is maar plattelandse, huislike Karoo-plekkies, daarom is dit des te meer vir ons baie lekker om sulke vriendelike en gewaardeerde terugvoer te ontvang. Ek hoop regtig dat ons vorentoe weer vir julle sal ontvang. Baie vriendelike groete, Marie.
Martin S - Jan 2018
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Kalahari Lodge se terugvoer
Ai so jammer om te hoor. Waterdruk vir stort was dan te laag en pomp van tenk was seker toe nog nie aangeskakel nie. Werklik jammer om dit nou eers te hoor. Ons word nooit ingelig wanneer druk verminder word nie. Koue water loop wel maar nie sterk nie dus gee dit nie genoeg druk vir die geisers nie. Carnarvon het groot waterprobleme. Ons tenke by gastehuise help nou daarmee. As ons net geskakel was, kon Cornelia gou gaan aanskakel het. Bly jul het verder lekker gebly. Waardeer jul terugvoer baie. Sterkte vir 2018 verder. Marie
Johan W - Des 2017
Algehele gradering
Gerieflik en rustig.
Karl T - Sep 2017
Algehele gradering
We only stayed one night and had no complaints.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Ons het net een nag gebly en het geen klagtes gehad nie.
Warm en vriendelike ontvangs, die verblyf was skoon en het alles gehad wat ons nodig gehad het vir selfsorg. Smaak en verwagtinge is anders by alle gaste, maar ons het 'n lekker plek gevind om te bly en kan dit aanbeveel.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Kalahari Lodge se terugvoer
Thank you, Karl. Cornelia told me you were such excellent guests. Hope we'll meet in future when you travel through the Karoo again.
Kind regards,
Marie
Michael H - Aug 2017
Algehele gradering
First class, absolutely fantastic, exceeded our expectations in every aspect.
Lees meerKalahari Lodge se terugvoer
You warm my heart more than the Karoo sun during summer. Thank you so much. It was such a pleasure to meet you two. It is guests like you who make the hospitality sector such a wonderful experience. We hope you could see some lovely flowers too, in the Namaqualand.
Anonieme gas - Aug 2017
Algehele gradering
Anonieme gas - Jul 2017
Algehele gradering
Marlene E - Apr 2017
Algehele gradering
Altyd lekker om in die Noord-Kaap te kuier.
Kalahari Lodge se terugvoer
Marlene, baie dankie vir die heerlike terugvoering wat ons ontvang het. Ons is so dankbaar julle geniet die verblyf hier op Carnarvon. Kom asseblief weer. Ons hoop julle het ook 'n baie voorspoedige reis verder gehad. Vriendelike groete. Marie
Maryna W - Mrt 2017
Algehele gradering
Baie oulike plek.
Clarissa S - Mrt 2017
Algehele gradering
Ek was aangenaam verras oor die eenheid waarin ons gebly het.
Kalahari Lodge se terugvoer
Clarissa, baie dankie vir die aangename verrassing op die rekenaar vanmiddag. Dankie dat jy tyd ingeruim het om repliek te lewer. Dit is baie lekker en dis werklik vir ons heerlik om sulke vriendelike gaste te ontvang. Jul maak dit vir ons soveel meer aangenaam om in hierdie bedryf te wees. Vriendelike Karoo groete.
Annamari K - Jan 2017
Algehele gradering
Ietsie anders.
Kalahari Lodge se terugvoer
Baie dankie, Annamarie. Dit is vir ons werklik baie lekker om jul terugvoering te ontvang. Dit is 'n pragtige pluimpie vir my assistent, Cornelia, wat in staan as ek weg is. Dit doen my hart goed Ek wens julle 'n pragtige jaar toe en dit sal heerlik wees om jul weer vorentoe te ontvang.
Annette V - Des 2016
Algehele gradering
Lafenis vir jou liggaam en siel na 'n lang warm dag op die pad!
Kalahari Lodge se terugvoer
Annette, baie dankie vir hierdie vriendelike woorde. Ons is so dankbaar dat julle ons plekkies geniet, sommer net vir oornag in die Karoo. Ons wens julle net die mooiste toe vir 2017.
Johan V - Des 2016
Algehele gradering
Soos 'n oase vir die langafstandreisiger.
Kalahari Lodge se terugvoer
Johan, baie dankie vir jou positiewe en opbouende terugvoering. Sjoe, dit beteken vir ons sommer baie. Wens julle 'n pragtige 2017 toe.
Jerry V - Sep 2016
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Kalahari Lodge se terugvoer
Jerry baie baie dankie vir jou terugvoer. Sulke postiewe terugvoer doen ons harte so goed hier in ons ou Karoo.
Hoop ons sien julle sommer gou weer op toer hier deur Carnarvon. Baie vriendelike groete. Marie Jacobs. Eienares
Yvette G - Des 2015
Algehele gradering
Baie gerieflik en skoon.
Kalahari Lodge se terugvoer
Yvette, baie dankie vir jou terugvoer. Dit word so waardeer. Wens jul net die mooiste toe vir 2016.
Hoop en vertrou ons sien weer in die toekoms.
Koos V - Des 2015
Algehele gradering
Baie netjies en skoon en goed ingerig.
Kalahari Lodge se terugvoer
Koos, baie dankie dat jy tyd ingeruim het om terugvoer te gee. Ja, omdat ek n paar lodges het, is telefoniese kontak so belangrik omdat ek nie fisies by n lodge bly nie. Dit was vir ons lekker om julle te ontvang hier op ons ou klein dorpie!!! Wens julle n pragtige , gesonde en geseënde 2016 toe. Vriendelike groete. Marie
Miemie B - Jun 2015
Algehele gradering
Baie gerieflike verblyf. Heerlik geslaap. Baie stil en rustig.
Kalahari Lodge se terugvoer
Miemie middag. Baie dankie dat jul terugvoer gegee het. Dit word werklik so waardeer.
Wens julle n pragtige en voorspoedige 2016 toe.
Groete,
Marie
Corneli S - Des 2014
Algehele gradering
Rustig, skoon, netjies en vriendelik.
Kalahari Lodge se terugvoer
Corneli, wens julle n baie voorspoedige 2016 toe. Vertrou jul Kersseisoen was feestelik en dat jul uitgerus is vir die nuwe jaar se uitdagings.
Vriendelike groete,
Marie Jacobs
Amanda L - Des 2014
Algehele gradering
Awesome
Kalahari Lodge se terugvoer
Amanda, baie dankie vir jou baie positiewe terugvoer wat ons ontvang het.
Wens julle dan ook n pragtige 2016 toe. Mag daar sommer wonderlike verrassings vir jul wag.
Vriendelike Karoogroete,
Marie
Neeltje S - Jul 2014
Algehele gradering
Ons was almal beïndruk.
Elize S - Okt 2013
Algehele gradering
Na 'n baie vriendelike ontvangs, het ons baie lekker rustig, gerieflik en veilig gebly.
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suidstraat 9, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom