Jagersberg
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 900 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Jagersberg is op ’n Karoo-plaas naby die R361 tussen Carnavon en Vanwyksvlei, 60 km van Carnavon. Dit is die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na 'n stil avontuur op 'n Karooplaas sonder tegnologie waar jy gehaltetyd saam met jou gesin, vriende of alleen kan deurbring.
Ons bied verblyf in 'n wonderlike our plaashuis met slaapplek vir 14 gaste. Die huis het 2 dubbelbeddens, 10 enkelbeddens, 1 bad, 3 storte en 3 toilette. Daar is ’n voorkamer met ’n kaggel wat die hele huis warm maak. Beddegoed en handdoeke word voorsien gedurende jou verblyf. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof en 'n gasyskas met 'n vrieshokkie. Paraffienlampe voorsien beligting en gaswarmwatersilinders voorsien warm water. Buite is daar 'n stoep en 'n boma met ’n buite-stort en ablusiefasiliteit vir gaste wat verkies om te kamp.
Jagersberg bied onvergeetlike sonsopkomste en sonsondergange. Die gashere sal jou die beste plekke wys om 'n behoorlike Karoo-ervaring te beleef. Gaste kan gerus aan plaasaktiwiteite deelneem en daar is verskeie ander doendinge soos wildkyk, voëlkyk, kamp, rotskunskyk, voetslaan en bergfietsry. Bring asseblief jou eie bergfiets. Daar is ook oorgenoeg speelplek vir kinders.
Carnavon is in 'n pragtige deel van die Noord-Kaap met sy groot, oop vlaktes en duisende sterre in die naghemel geleë. Die beste tyd om dié area te besoek is van Maart tot November aangesien Januarie en Februarie ongemaklik warm kan raak.
Slaapplek
’n Bespreking by Jagersberg sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Donald & Kathleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Jaar gelys 11
Ligging
- Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Jagersberg het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom