Inyoni Rock Cabanas 6
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 16 Apr 2024 tot 14 Jun 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 91, Inyoni Rock Cabanas 6, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 600R1 280 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Inyoni Rock Cabanas 6 is op die strandfront in Amanzimtoti geleë. Hierdie selfsorgwoonstel het slaapplek vir 8 gaste en 'n ononderbroke see-uitsig.
Die duplekswoonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping, het 'n koningingrootte-bed en bied toegang tot 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig.
Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelslaapbank. Elke badkamer het 'n stort, 'n bad met 'n handstort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel vir 8 geniet. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër wat gaste kan gebruik.
Die sitarea het 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en bied toegang tot 'n stoep met direkte toegang tot 'n grasperk met 'n see-uitsig. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi. Die woonstel word weeksdae skoongemaak en daar is aangewese parkeerplek vir 'n voertuig en 'n sleepwa in die parkeerarea. 'n Ekstra parkeerplek is in die oop parkeerarea beskikbaar.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe wat daagliks skoongemaak word en 24 uur-sekuriteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Inyoni Rock Cabanas 6 is net 160 m van Splash Waterwold, 1,5 km van verskeie restaurante en Toti Mall, 2 km van Galleria Mall en 5 km van Seadoone Mall met sy verskeie winkels en restaurante af. Amanzimtoti bied aktiwiteite soos hengel, duik, snorkel, branderplankry en gaste kan die Sardienloop tussen Junie en Augustus gadeslaan of die Amanzimtoti Voëlbewarea of die Ilanda Wilds Natuurreservaat besoek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marietjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach-weg 91, Inyoni Rock Cabanas 6, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Inyoni Rock Cabanas 6 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 91, Inyoni Rock Cabanas 6, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal