Invermooi Estate - The Cabin
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laer Loteni-weg (25 km vananf Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Cabin bied verblyf in 'n eenslaapkamer-selfsorghuisie op die Invermooi Angus-stoetplaas in die voorheuwels van die Drakensberge. Die paas is 25 km buite Nottingham Road in KwaZulu-Natal se mooie Middellande. Die landgoed bied 'n rustige, plattelandse wegbreek ver van die stad met 'n panoramiese uitsig op die Drakensberge. Daar is 5 lodges en 3 rondawels op die landgoed wat só gerangskik is dat dit genoeg privaatheid bied.
The Cabin is smaakvol versier en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n slim-TV met Netflix en WiFi. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n etenstafel met stoele. Daar is ook braaigeriewe by die eenheid.
Die Invermooi-landgoed is 'n topbestemming vir forelhengel en bied verskeie damme en 'n 8 km lange rivier. Dit is die ideale plek op heen weg te breek, met voëls en wild in oorvloed. Die plaaslike dorpie, Nottingham Road, het ook baie om te bied: van restaurante en kroeë tot oulike kunsvlytwinkels. Ander doendinge sluit kunsvlieghengel, voetslaan en bergfietsry in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.9/5
Desi Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Laer Loteni-weg (25 km vananf Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Invermooi Estate - The Cabin het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laer Loteni-weg (25 km vananf Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom