Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippo's Honk @ Kruger

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 12 Jun 2024.

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 7
  • Vanaf R3 540 R3 186 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hippo's Honk @ Kruger is 'n luukse selfsorg-vakansiehuis in Marlothpark met sonkrag. Die huis is slegs 50 m vanaf die draad van die Krugerwildtuin en net 20 km vanaf die naaste ingang na die Krugerwildtuin by die Krokodilbrughek. Hier kan gaste in die bos ontspan en besoeke van die verskeidenheid vrylopende wild geniet insluitend sebras, blouwildebeeste, kameelperde, koedoes, rooibokke, vlakvarke, bosbokke, muskeljaatkatte en nagapies.

Hierdie dubbelverdieping-vakansiehuis bied slaapplek aan slegs 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, opwasarea, eetkamer en sitkamer. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n stort, wasbak en toilet in die badkamer reg langsaan. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n buitestort en 'n buitetoilet.

Elke slaapkamer en al die leefvertrekke het voorafbetaalbare lugversorging. Daar is ook elektriese waaiers wat met afstandbeheerders werk in elke vertrek. Daar is gehaltematrasse op elke bed en gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 2 yskaste, 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei, breekware en 'n ketel toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 6 stoele. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Netflix en YouTube, asook luike wat oopmaak na die swembadarea.
Die glasskuifdeur en luike lei na die stoep met 'n pragtige randvloeiswembad en 'n braai-boma met 'n vuurput.

Die boonste dek van die huis het braaigeriewe en 'n etenstafel met 6 stoele asook 'n yskas slegs vir drinkgoed. Die huis het ook muskietskerms voor alle vensters en deure. Gratis WiFi is beskikbaar en gaste het toegang tot gratis, veilige parkeerplek. Daar is 2 voerbakke voor die huis waar kos vir die diere gegee kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by Hippo's Honk @ Kruger sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Hippo's Honk @ Kruger
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Marina Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 3

Maande gelys 12

Ligging

  • Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippo's Honk @ Kruger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 540
R3 540 R3 186
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 540
R3 540 R3 186
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 7
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8868ff110c6844fa7f207f8dd6f6fd0b996160ef1e8175276466ec673d290d264f4d7b8a5c9cf703e342c1a39f59604215a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 540 nouVanaf R3 186 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 Seekoei 3340 Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.340278896528 31.811436735582
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem