Go2Boa
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 2, Boa Esperança 2, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Go2Boa is 'n luukse selfsorgwoonstel in die Boa Esperança-kompleks, bo die Mosselbaai Waterfront met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Hiér kan gaste die uitsig oor die see, op die berge en oor die marina, en die skouspelagtige sonsondergang bewonder. Die woonstel is stapafstand vanaf Santos-strand, via 'n privaat ingang.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n oopplan-eetarea, werkstasie en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n plafonwaaier, 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die slaapkamer het ook 'n werkstasie en direkte toegang tot die stoep. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus om aan alle behoeftes te voldoen en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, toebroodjierooster, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei en breekware in. Die eetarea het 'n etenstafel en bankies met sitplek vir 6. Daar is ook 'n werkstasie met stoeltjies. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 'n 55"-slim-TV met al die belangrikste apps om programme te stroom, en toegang tot DStv en Netflix. Daar is ook boeke, bordspeletjies en WiFi.
'n Skuifdeur lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-eetarea en 'n ingeboude braai, en daar is 'n aparte sonbaai-stoep met sonstoele en 'n sambreel. Of gaste nou 'n warm koppie koffie wil drink terwyl hulle die sonsopkoms bewonder, of 'n glasie wyn wil drink terwyl hulle kyk hoe die son sak - die stoep is perfek vir elke geleentheid. Luister na die geknetter van die vuur, die gedruis van die branders, die geroep van die seemeeue en die donderstorms in die verte, terwyl jy die die skouspelagtige uitsig geniet.
Aangewese, veilige parkeerplek is in 'n enkelmotorhuis beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Go2Boa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Jaar gelys 2
Ligging
- Kerkstraat 2, Boa Esperança 2, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Go2Boa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sentraal Mosselbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 2, Boa Esperança 2, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom