Giants Cup Wilderness Reserve
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goschen Plaas, Drakensberg Gardens Oord Pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Giants Cup Wilderness Reserve is 'n puik kunsvlieghengel-bestemming in Suid-Afrika en 'n geregistreerde bewarea. Die reservaat is 'n tuiste vir 'n rits wild- en watervoëlsoorte en dis een van die mees skilderagtige plekke om kunsvlieghengel te beoefen. Daar is oorvloedige wilde bruinforel en reënboogforel in die Umzimkulwanarivier en 'n meer. Giants Cup Wilderness Reserve stel die standaard vir outentieke visvang in 'n beeldskone berglandskap.
Verblyf word aangebied in 4 eenhede: Otter Cove Cottage, Fisherman's Cottage, Lakeside Lodge en Duckbay Lodge. Die eenhede bied slaapplek aan 2 of 4 gaste en al die eenhede het gemaklike beddens en badkamer- en selfsorggeriewe. Daar is ook 'n braai-area.
Die eiendom is binne 'n inham in die wildheining van die Maloti/Drakensbergpark Wêrelderfenisgebied geleë wat amper 'n halfmiljoen hektaar beslaan wat vanaf Boesmansnek in die suidwestelike gedeelte in 'n ononderbroke lyn al langs die krans af tot verby Bergville in die noorde strek. Hierdie Wêrelderfenisgebied is die grootste bewarea in KwaZulu-Natal en ook die tuiste van verskeie wildsoorte, insluitende soogdiere, voëls, reptiele en amfibiërs wat uiters bedreig or skaars is.
Doendinge in die omgewing sluit perdry, kunsvlieghengel en bergfietsry in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Natasha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Jaar gelys 6
Ligging
- Goschen Plaas, Drakensberg Gardens Oord Pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Giants Cup Wilderness Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goschen Plaas, Drakensberg Gardens Oord Pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom