F75 Sabuti
Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woonstel 75 Sabuti, Tamboti-rylaan 17, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R6 500R3 250 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
F75 Sabuti is 'n idilliese selfsorgeenheid wat op die veilige Simbithi Eco Estate in Ballito geleë is. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die goed versorgde tuin en is perfek vir die hele gesin of groep vriende wat ontspanning in 'n rustige omgewing soek.
Dié lieflike huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste in dié slaapkamers gebruik die gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sit- en eetarea, en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Smeg-toestelle gee 'n luukse gevoel aan die eenheid. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep en spog met 'n asemrowende uitsig oor die goedversorgde tuine en swembad. Dit is die perfekte plekkie vir 'n skemerkelkie. Die stoep het ook gemaklike meubels wat ideaal is vir ontspanning. 'n Houtskoolbraai en gasbraaier is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel en in die tuin piekniek hou. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Simbithi Eco Estate bied lekker buitelugaktiwiteite, fietsry- en voetslaanroetes, gholf- en mini-gholfbane, visvang in damme vol voorraad, speelareas vir kinders, piekniek- en braai-areas, restaurante en volop voël- en dierlewe. Die landgoed is stapafstand vanaf Thompson's Bay se gewilde strand.
Slaapplek
’n Bespreking by F75 Sabuti sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
Ligging
- Woonstel 75 Sabuti, Tamboti-rylaan 17, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Simbithi Eco Estate Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woonstel 75 Sabuti, Tamboti-rylaan 17, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom