Engelchen
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hoopoe-straat 3, Inyala Park, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Engelchen in Empangeni bied gehalte-verblyf vir 'n klein gesin of groep vriende. Dit is lekker naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede geleë.
Die tuinwoonstel is aan die agterkant van die hoofhuis geleë met 'n uitsig oor die swembad. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers met waaiers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed met 'n dubbelbed. Die badkamer lei vanuit die hoofslaapkamer en het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV teen die muur. Daar is 'n eetarea waar gaste hulle maaltye saam kan geniet.
Gaste het toegang tot 'n lapa buite. Braaigeriewe is ook in die hooflapa beskikbaar, maar dit moet met die eienaars gereël word.
Die gasgeiser is vir die warm water in die woonstel beskikbaar.
Die hele perseel is met geslote-kringtelevisie beveilig. Voertuie is dus veilig agter 'n geslote, afstandbeheerde hek.
Slaapplek
’n Bespreking by Engelchen sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoopoe-straat 3, Inyala Park, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Engelchen het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Empangeni Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hoopoe-straat 3, Inyala Park, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom