Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elegance at 9 Prince's Grant

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Babu Bodasing-laan 1, Prince's Grant Gold Landgoed, eenheid 9, New Guelderland, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Elegance at 9 Prince's Grant is 'n bekoorlike vakansiewoonstel in die hartjie van Prince's Grant, een van die beste gholfbane wat toegang tot 'n privaat strand het. Hierdie idilliese landgoed het vrylopende impalas en duikers en word deur natuurlike kuswoude omring.

Dié pragtige selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n lieflike oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n skuifdeur wat na 'n groot stoep met 'n uitsig oor die landgoed lei. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer is op die onderste verdieping. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele vir 6 gaste langs die sitarea. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met die volle DStv-pakket. Gaste kan Netflix en Showmax op hul eie rekeninge kyk. Vesel-internet is beskikbaar.

Die sitarea lei na die groot balkon met 'n Weber-braai en sitplek.

Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die motorhuis. Veilige parkeerplek is op die perseel in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en ook in die oprit voor die woonstel.

Die woonstel is oorkant die gemeenskaplike areas soos die swembad, muurbalbane, tennisbane en kinderspeelarea. Daar is 'n gholfbaan, professionele gholfwinkel, 'n oefenbof, kroeg en 'n restaurant naby die verblyf. Gaste kan vir gholflesse gaan, kanovaar, stap en draf, en ook die privaat strand besoek en daar swem, branderplankry en visvang. Die spa bied verskeie behandelinge.

Slaapplek

’n Bespreking by Elegance at 9 Prince's Grant sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Dillon Geverifieer

Eiendomme 70

Resensies 187

Jaar gelys 4

Ligging

  • Babu Bodasing-laan 1, Prince's Grant Gold Landgoed, eenheid 9, New Guelderland, 4480, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Babu Bodasing-laan 1, Prince's Grant Gold Landgoed, eenheid 9, New Guelderland, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa4729678d45d4b87fcd17f1906d8cc1dcc83f37ebca676f7d7703f0472311bf6b324ad22de80bdcb22dba304fab827ed8054?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6) 1 Babu Bodasing Avenue Prince's Grant Gold Estate, unit 9 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.340803680011 31.37832731003
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem