Duntrune Beach House
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 20 Mei 2024.
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 000R3 200 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Duntrune Beach House is 'n ruim selfsorghuis in Bosbokduin Privaat Natuurreservaat in Stilbaai-Wes en bied slaapplek aan 12 gaste. Die huis is op 'n duin met 'n pragtige uitsig net 'n kort entjie van Skulpiesbaaistrand af.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en 'n solderarea met 3 enkelbeddens. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die kamers bied 'n pragtige uitsig oor die fynbos en see. Die kamers het gedeelde toegang tot 3 badkamers met baddens en storte. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n mikrogolf, groot Smeg-gasstoof en elektriese oond, yskas en diepvrieskas toegerus. Die waskamer het 2 skottelgoedwassers en 'n wasmasjien.
Die sitkamer is op die eerste-verdieping en het 'n TV en DStv is op versoek teen R60 per dag beskikbaar. Die leefarea op die onderste verdieping het 'n knus kaggel, eetarea en 'n uitsig oor die see. Daar is 'n verskeie boeke en speletjies. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Die area bied verskeie wandelpaadjies vir voetslaan of velddraf, visvang, duik, branderplankry, kajakvaart, voël-, walvis- en dolfynkyk en die Stilbaai Gholfbaan is minder as 4 km weg.
Gaste kan op 'n Sondag later uitklok indien nodig.
Let asb. daarop dat Bosbokduin 'n natuurreservaat met 'n rustige atmosfeer is en dus word geen harde musiek of partytjies toegelaat nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Duntrune Beach House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Arthur Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Jaar gelys 5
Ligging
- Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Duntrune Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom