Die Ponthuis
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vrede Plaas, 17 km vanaf Greyton, RIviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Ponthuis is 'n selfsorgkothuis aan die oewer van die Sonderendrivier met beeldskone uitsigte oor die Riviersonderendberge. Dis die ideale plek om van alles weg te breek, te ontspan en die kalmte van die natuurskoon in die landelike en rustige Overberg-omgewing te geniet. Die bekoorlike en prentjiemooi dorpie, Greyton, is net 17 km weg en is bekend vir sy kuns, kunsvlyt, die Saterdagoggend-mark en verskeie fantastiese restaurante.
Die Ponthuis beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 2 gaste. Die selfsorg-eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die eenheid spog ook met 'n houtvuurwarmbad en WiFi. Die kaggel en lieflike dekor sal menigte knus aande verseker. Daar is braaigeriewe binne en buite wat jou die kans gun om die beeldskone uitsig van die ongelooflike sonsondergang te geniet vanaf die groot stoep. Vuurmaakhout vir die koue aande word ook voorsien.
Die plaas het 'n tennisbaan so gaste kan gerus hulle tennisraket en -balle saambring. Gaste kan ook heerlik in die rivier voor die kothuis swem, hul eie kano saambring, op die plaas gaan stap of rustig voëlkyk.
Slaapplek
’n Bespreking by Die Ponthuis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 82
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Vrede Plaas, 17 km vanaf Greyton, RIviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Ponthuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riviersonderend Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vrede Plaas, 17 km vanaf Greyton, RIviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom