Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Franconette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Jaar gelys 11
Opsomming van Resensie
Pete-dawid W - Apr 2024
Algehele gradering
Consistently good.
De Herberg Lodge se terugvoer
Thank you so much for your much appreciated remarks. We hope to see you again in the future and would love to host you again.
Abraham B - Apr 2024
Algehele gradering
Dit was lekker om in so netjiese skoon ruim plek oor te slaap. Baie dankie.
De Herberg Lodge se terugvoer
Dit was vir ons 'n plesier om julle te kon huisves. Baie dankie en ons hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Willem N - Mrt 2024
Algehele gradering
Ruim, netjies en gemaklik.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir u ondersteuning. Dit was lekker en baie maklik om julle te huisves en ons sien uit na 'n volgende besoek.
Pieter V - Jan 2024
Algehele gradering
Baie aangenaam.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie, Pieter. Hopelik sien ons jou weer vir baie langer sodat jy lekker saam met ons kan kuier en ons dit nog aangenamer vir jou kan maak. Dit was lekker om jou hier te hê.
Mariaan V - Des 2023
Algehele gradering
Baie lekker.
De Herberg Lodge se terugvoer
Goeie middag Mariaan
Groot waardering vir jou vriendelike terugvoering en ondersteuning. Wens julle 'n voorspoedige nuwe jaar toe en veilige reis huis toe.
Vriendelike groete
Rizelda W - Des 2023
Algehele gradering
Mooi en skoon.
De Herberg Lodge se terugvoer
Goeie middag Rizelda
Dankie vir julle ondersteuning, ons waardeer dit opreg. Indien jy dalk enige voorstelle het waarop ons kan verbeter, sal dit waardeer word. Wat die dorp betref, is dit maar 'n stryd met die wat in beheer is. Ons het plaaslike organisasies wat aandag gee aan die probleme, soos maar oral landwyd. Wat veiligheid betref, het ons nog nie insidente gehad nie.
Vriendelike groete
Lydia H - Des 2023
Algehele gradering
De Herberg Lodge. 'n Oase in die Karoo.
De Herberg Lodge se terugvoer
Sjoe Lydia, wat 'n wonderlike kersgeskenk gee jy nie nou vir ons almal by De Herberg Lodge nie. Duisende, duisende dankies, jy maak harte warm. Kom kuier asb. weer eendag by ons.
Heynn L - Des 2023
Algehele gradering
Baie lekker.
De Herberg Lodge se terugvoer
Ons waardeer u mooi woorde en is dankbaar dat u u verblyf geniet het.
Pete-dawid W - Nov 2023
Algehele gradering
Perfek vir besigheidsverblyf en vakansie-overnag akkommodasie.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie - ons is bly u het u verblyf geniet en sal u baie graag weer in die toekoms tot diens wil wees.
Johan D - Nov 2023
Algehele gradering
Redelike swak kommunikasie met gaste.
Lees meerDe Herberg Lodge se terugvoer
Beste mnr. Du Rand, ek is werklik jammer om te hoor dat u steeds ongelukkig was met u verblyf. Ek erken ek het 'n e-pos gestuur, maar het dit opgevolg met 'n persoonlike besoek aan u en u vrou in u eenheid waar ek na my mening baie lekker vir meer as 'n uur saam met julle gekuier het. Op daardie stadium het ek nie 'n vermoede gehad dat u steeds ontevrede is nie en vra groot om verskoning. Wat ek wel onthou is dat u ook genoem het u bly gereeld by 'n ander gastehuis in De Aar en dat dit die plek van u keuse is. Ek vra ook om verskoning dat ek nie gedink het die feit dat die eenheid reg oorkant die straat van die hoofperseel geleë is, u steeds ongelukkig stem nie, aangesien u nie weer nodig gehad het om na die hoofperseel te kom nie en u etes in u eenheid bedien is. U het waarskynlik net vergeet om te noem dat ons in ruil vir u en u vrou elkeen 'n ete met voor- en hoofgeregte gratis gegee het om op te maak vir die onvoorsiene, massiewe krisis wat ons die aand ervaar het. Ons is opreg jammer ons kon nie vir u die diens en geriewe gee waarop u gehoop het nie. Ons is onbewus van foto's met seekos op ons spyskaart aangesien ons geen foto's gebruik nie.
Sonja J - Sep 2023
Algehele gradering
Overnight in De Aar with family.
De Herberg Lodge se terugvoer
We are very pleased to see all was well. Many thanks, this is appreciated
Val W - Sep 2023
Algehele gradering
Very pleasant.
De Herberg Lodge se terugvoer
We are delighted to see that we have met your expectations and are very grateful. We hope to see you again in the future.
Andre Johann O - Apr 2023
Algehele gradering
Huis weg van die huis.
De Herberg Lodge se terugvoer
Ons het ongelooflike waardering vir jou mooi woorde. Dit is 'n riem onder die hart en baie bemoedigend. Ons sien uit om u weer eendag as gaste te ontvang. Nogmaals dankie.
Rhode G - Apr 2023
Algehele gradering
Was baie lekker!
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi komplimente. Ons waardeer dit. Jammer ons kon jou nie 5-sterdiens gee nie, maar sal volgende keer harder probeer. Seënwense vir julle as gesin.
Rudi S - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie goeie diens ongeag ná ure.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir elke ster aan ons toegeken. Ons is dankbaar dat jy ons diens goed gevind het en sal jou graag weer eendag wil sien.
Anja C - Jan 2023
Algehele gradering
Twee nagte oorgeslaap.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi woorde. Ons is jammer ons kon jou nie 4-ster diens gee nie, en sal beslis daarop probeer verbeter.
Beverley K - Jan 2023
Algehele gradering
Extremely helpful hostess and pleasant staff and extremely comfortable. Pet friendly and LGBTQ friendly.
De Herberg Lodge se terugvoer
Wow. Your kindness is highly appreciated. Thank you so much. We are glad to hear that you enjoyed your stay with us and hope to see you soon again.
Daphne M - Nov 2022
Algehele gradering
Fantasties.
De Herberg Lodge se terugvoer
Eben, jy maak ons dag. Duisende dankies vir die bemoedigende woorde. Ons waardeer dit opreg. Hoop om jou weer te sien.
Elmarie H - Okt 2022
Algehele gradering
Vriendelike diens en baie veilig.
De Herberg Lodge se terugvoer
Elmarie ons is diep dankbaar dat jy ons plek aangenaam gevind het. Baie dankie vir jou gradering ons waardeer dit opreg
Linda S - Sep 2022
Algehele gradering
It was such a pleasure to stay there!
De Herberg Lodge se terugvoer
Ons is verskriklik bly ons kon aan jou standaarde voldoen en dat jy jou verblyf geniet het. Mag ons jou weer sien in die toekoms en dankie vir die ondersteuning
Marius B - Apr 2022
Algehele gradering
Baie mooi en oulike plek.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir jou moeite, Marius. Dit was 'n plesier om julle as gaste te hê en ons hoop om julle weer te sien.
Natie S - Feb 2022
Algehele gradering
Waarde vir geld.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir die mooi gebaar. Ons is baie bly u het u verblyf geniet en waardeer u ondersteuning.
Hope M - Des 2021
Algehele gradering
Perfect stay.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir die mooi woorde - ons waardeer dit opreg.
Marlies S - Des 2021
Algehele gradering
Wat 'n wonderlike oornagplek!
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie. Jou mooi woorde maak ons almal se harte warm. Ons waardeer dit verskriklik baie.
Nurenitia Julia F - Des 2021
Algehele gradering
Awesome food. Very quiet and relaxed.
De Herberg Lodge se terugvoer
Thank you very much. We would love to host you again some day.
Elinza P - Des 2021
Algehele gradering
Okay.
De Herberg Lodge se terugvoer
We are very sorry our town is not tourist friendly with very little to see and do. Did we know beforehand, we would surely have informed you accordingly. We are also sad to hear about the broken holder in the shower as neither one of our guests nor our staff told us about it. We will replace it immediately. Due to Covid-19 and for the safety sake of our guests, we no longer use printed menus. We therefor Whatsapp our menus to our guests to order from. If no orders are received we presume they are not interested in dining with us. Had we known you were still interesting in having your meals with us, we would certainly have served you. We are honestly sorry for any inconvenience caused.
Chris T - Des 2021
Algehele gradering
Gasvry, regtig ’n baie lekker aand na ’n lang pad.
De Herberg Lodge se terugvoer
Hoop om weer eendag die voorreg te hê om aandete aan julle te bedien.
Michele V - Des 2021
Algehele gradering
Aan te beveel!
De Herberg Lodge se terugvoer
Ons is baie bly jy het jou verblyf geniet en baie dankbaar vir jou mooi woorde.
Joret O - Des 2021
Algehele gradering
Wonderful, safe and central guesthouse to stay over in De Aar!
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir die mooi woorde - jy moedig ons aan om nog beter te doen.
Danie M - Nov 2021
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld. Baie netjies en skoon. Ontbyt goeie waarde vir geld.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie Danie, ons waardeer dit en is dankbaar jy het jou verblyf geniet.
Ons hoop om jou weer te sien.
Johan V - Okt 2021
Algehele gradering
Goeie diens en waarde vir geld.
De Herberg Lodge se terugvoer
Dankie vir jou moeite Johan - ons is bly jy het jou verblyf geniet en sal graag wou hoor hoekom jy nie baie veilig gevoel het nie. Ons ontsmet elke dag elke kamer ten volle, ons ontsmet ons eetsaal en eetgerei, ons het veiligheidskameras, ons omheinings is beveilig, ons kamers het sekuriteitshekke en as daar nog iets is wat kort sal ons bitter graag aandag daaraan wil gee. Ons waardeer jou insette opreg
Wilfred T - Jul 2021
Algehele gradering
Uitstekende akkommodasie
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi woorde, Wilfred. Jy moedig ons aan om nog harder te probeer. Hoop om jou weer in die toekoms te sien.
Mooi dag en bly veilig.
Karen M - Des 2018
Algehele gradering
Pragtig, skoon en netjies.
De Herberg Lodge se terugvoer
Duisende dankies, Karen. Ons is dankbaar julle het die verblyf geniet.
Irene R - Apr 2018
Algehele gradering
Die verblyf was puik!
De Herberg Lodge se terugvoer
Duisende dankies. Ons is opreg bly julle het jul verblyf geniet en dat alles na jul sin was.
Mooi dag.
Tinia D - Mrt 2018
Algehele gradering
Pragtig, netjies, baie rustig.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie Tinia, ons waardeer dit opreg.
Jd S - Mrt 2018
Algehele gradering
Dit was 'n aangename, vreedsame oorslaap in 'n netjiese plek.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie, baie dankie Nestie. Dit was 'n plesier om julle te huisves en ons hoop om julle volgende jaar weer by die fees te sien. Seënwense vir julle.
Hannes En Estelle V - Apr 2017
Algehele gradering
Verblyf was aangenaam en rustig. Gasvrou aangenaam en vriendelik.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie Estelle,
Ons waardeer dit en neem kennis van die gebrek aan 'n stoel/vashouplek, sal aandag gee daaraan.
Joyce W - Des 2016
Algehele gradering
Ons verblyf was aangenaam, baie professionele diens en vriendelike mense.
De Herberg Lodge se terugvoer
Wow - many thanks Joyce.
This is very much appreciated. I am proud to tell my staff their hard work and their attempts to satisfy our communal customers did not go unseen.
What a great Festive gift.
We bless you and would love to see you again.
Louisa M - Des 2015
Algehele gradering
Great and affordable accommodation. Exceeded expections!
De Herberg Lodge se terugvoer
Thanks a million, Louisa. I am very sorry about the kitchen being closed.
Maggie B - Aug 2015
Algehele gradering
Baie netjies skoon en vriendelike diens.
De Herberg Lodge se terugvoer
Duisende dankie vir die goeie terugvoer Maggie.
Hoop om julle weer eendag te sien.
Elmarie V - Aug 2015
Algehele gradering
Vir twee nagte oorgeslaap in De Aar.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie Elmarie.
Ons waardeer jou goeie gradering.
Hoop om julle weer eendag te sien
Dalene E - Jul 2015
Algehele gradering
Baie outyds! Dit lyk glad nie soos internetfoto's nie.
De Herberg Lodge se terugvoer
Beste Dalene,
Ons is werklik jammer om te hoor julle was teleurgesteld in die verblyf. Dit is jammer dat u dit nie met ons bespreek het terwyl u hier was nie, ons sou u graag tegemoet wou kom.
Ons is ook onseker van watter webblad u praat. Ons het weer dubbeld seker gemaak en gesien ons foto's is werklik soos ons kamers lyk. Ons is ook baie jammer dat u voel u het nie goeie diens gekry nie, aangesien ons diens juis die rede is waarom ons gaste (o.a Adjunk-presidente van SA, Premiers, LUR'e, direkteure van maatskappye, soos die bekende Boet Troskie) vir die laaste 20 jaar keer op keer terugkeer, sommige al vir die volle 20 jaar. Ander tot en met hul aftrede. Die NK-premier is 'n gereelde gas en bly weer binnekort hier terwyl die NK-LUR'e ook die naweek hier tuisgaan.
Oor die feit dat u beweer ons plek was nie skoon nie, is ons werklik stomgeslaan aangesien ons senior personeel het wat elke dag elke kamer deurgaan om te verseker niks is oorgeslaan nie. Wat die sekuriteit betref, kan ons regtig niks meer doen as die veilige omheining en sekuriteitskameras wat ons tans het nie. U moet ook verstaan die misdaadsyfer op die platteland is baie laag en ons het in 20 jaar nog geen voorvalle gehad nie - selfs nie eers met groot vragmotors wat a.g.v hul grotes noodgedwonge in die straat moet parkeer nie.
Ons sou u graag wou gerusstel as u dit met ons bespreek het. Indien ons geweet het u verkies 'n plek nader aan die hoofsentra - waar die geraas natuurlik ook baie meer is - sou ons met liefde vir u 'n alternatiewe plek help soek het. Ons is opreg jammer dat u so 'n onaangename ondervinding gehad het en vra nederig om verskoning. Ons hoop u kan ons vergewe.
U is baie welkom om ons te skakel met voorstelle as u voel ons kan meer doen.
Groete,
De Herberg Lodge - bestuur
Pieter G - Mrt 2015
Algehele gradering
Alles was lekker en kos baie goed.
De Herberg Lodge se terugvoer
Baie dankie Pieter - ons waardeer jou goeie terugvoering opreg.
- Kapasiteit: 49 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schreinerstraat 49, De Aar, 7000, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom