Camdeboo Lodge
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hilton College-weg 18, Hilton, Middellande, 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Camdeboo Lodge bied B&B-verblyf aan die buitewyke van Hilton langs die Hilton-college met asemrowende uitsigte oor die Middellande en op die Drakensberge.
Camdeboo Lodge bied gerieflike verblyf in 4 plaashuisstyl-eenhede met privaat verandas en WiFi-toegang. Elke groot kamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en daar is plek vir nog 'n bed, indien nodig. Verder is daar ook gemaklike banke of stoele , 'n mikrogolf, yskas en teemaakgeriewe. Die kamers word met 'n groot onderdakstoep van die hooflodge geskei wat gaste gerus kan benut om die pragtige sonsondergang te bewonder, skemerkelkies te drink, of te braai.
As gevolg van Covid-protokolle, word ontbyt in die kamers bedien. 'N Ligte aandete kan voor die tyd gereël word.
Camdeboo Lodge is gerieflik geleë net 8 km vanaf Hilton Village, waar 'n groot verskeidenheid winkels insluitend boekwinkels, antiekware, klerewinkels, koffiewinkels en restaurante besoek kan word. Die lodge is ook tussen Midmardam en Albert Falls-dam, waar jaarlikse sportbyeenkomstes plaasvind. Verder kan dit ook vir 'n trougevolg bespreek word aangesien daar oorgenoeg plek is om vir 'n troue voor te berei.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Trezanne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Jaar gelys 8
Ligging
- Hilton College-weg 18, Hilton, Middellande, 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Camdeboo Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hilton College-weg 18, Hilton, Middellande, 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom