C-View
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 31 Okt 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 56 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 050R945 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
C-View is op 'n heuwel met 'n uitsig oor die dorp en die see in die verte.
Verblyf word in die hoofhuis met slaapplek vir 10 en die ateljeewoonstel met slaapplek vir 4 tot 6 aangebied.
Die ateljeewoonstel grens aan die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Die oopplan-leefarea het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kombuis het breekware, 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, stoof-oond. Daar is 'n dubbelslaapbank in die braaikamer met sy eie toilet. Die braaikamer is appart van ateljeewoonstel en het glasskuifdeure wat lei na die stoep. Daar is volledige DStv, Netflix en WiFi. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die hoofhuis beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat goed toegerus is. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n slim-TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Daar is ook WiFi. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, oond, stoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n braaikamer met 'n gastetoilet en 2 glas skuifdeure wat na 'n stoep lei. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en daar nog 2 parkeerplekke is in die oprit.
Die verblyf word deur 'n omsetter, aangedryf wat die WiFi, ligte, TV en yskaste tydens beurtkrag aanhou.
C-View is 2 km van die hoofstrand, verskeie winkels en restaurante af. Hartenbos bied aktiwiteite soos stap, hengel, swem, warmswembad en kegelspel. Gaste kan walviskyk en die robbe en dolfyne dophou wat tussen Mei en November hier baljaar. Besienswaardighede in die area sluit die Hartenbos Waterpark, die Hartenbos Seefrontwinkelsentrum, ATKV-Hartenbosmuseum van die Groot Trek, die ATKV-oord en vele meer in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Caroline Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 123
Jaar gelys 5
Ligging
- Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
- Gaste dink C-View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 56 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom