LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bushwise Safari Lodge Kruger Park | LekkeSlaap
+91

Bushwise Safari Lodge Kruger Park

Wildsplaas

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorgkamer
Selfsorg
Eksklusiewe gebruik van 'n boma met braaigeriewe. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en randvloei-swembad op die boonste verdieping van die lodge langsaan, met 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
Gratis WiFi by die lodge langsaan.
'n Daaglikse skoonmaakdiens.
Lodge-slaapkamer op die onderste verdieping
Basiese selfsorg met basiese verhit- en eetgeriewe. Dit sluit 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster en ketel in.
Toegang tot die gemeenskaplike boma met braaigeriewe (dit word gedeel met ander gaste) - eetgerei sal verskaf word. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en sprankelende randvloei-swembad met eksklusiewe uitsigte oor die Kruger Park en Krokodilrivier.
Gratis WiFi.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Lodge-kamer op die boonste verdieping
Basiese selfsorg met basiese verhit- en eetgeriewe. Dit sluit 'n yskas, mikrogolf, broodrooster en ketel in. Toegang tot die gemeenskaplike boma met braaigeriewe (dit word gedeel met ander gaste) - eetgerei sal verskaf word. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en sprankelende randvloei-swembad met eksklusiewe uitsigte oor die Kruger Park en Krokodilrivier.
Gratis WiFi.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Lodge-kamer Deluxe
Slegs verblyf
Eksklusiewe gebruik van 'n klein buitebraai-area. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Koffie- en teemaakgeriewe.
Toegang tot die oop balkon en randvloei-swembad op die boonste verdieping van die lodge langsaan, met 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
Gratis WiFi by die lodge langsaan
'n Daaglikse skoonmaakdiens
Selfsorgeenheid
Selfsorg
Eksklusiewe gebruik van 'n boma met braaigeriewe. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en randvloei-swembad op die boonste verdieping van die lodge langsaan, met 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
Gratis WiFi by die lodge langsaan
'n Daaglikse skoonmaakdiens
Huisreëls

Maaltye:
Die volgende etes is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar. Neem asb. kennis dat ontbyt al die vorige aand bestel moet word en aandete moet teen 15:00 bestel word.
- Volledige Engelse ontbyt: Tussen 7:30 en 10:00, R130 per persoon. Stel ons asb. in kennis rakende die tyd wat jy wil eet.
- ’n Ligte middagete wat bestaan uit ’n toebroodjie en vrugtesap. R80 pp.
- ’n Groter middagete beloop R150 per persoon.
- 'n Driegang-aandete word om 19:00 by kerslig onder die Afrika-sterrehemel teen R240 per persoon bedien. 'n Vasgestelde spyskaart met tradisionele Suid-Afrikaanse disse word bedien. 'n Vegetariese opsie is beskikbaar.
- Ontbyt- en middagetepakkies is beskikbaar teen R110 per persoon.

Gemeenskaplike swembad:
- Toegang tot die randvloeiswembad en oop balkon op die lodge se boonste verdieping, wat ’n pragtige uitsig oor die Krugerwildtuin en Krokodilrivier bied, is vir alle gaste beskikbaar.

WiFi:
- Gratis WiFi is beskikbaar aan alle gaste in die gemeenskaplike areas van die hoofgebou van die lodge.

Uitsigte:
- Let asb. daarop dat die selfsorg-eenheid en die selfsorg-slaapkamer semi-losstaande is en aan die agterkant van die gastehuis geleë is. Albei hierdie eenhede bied uitsigte oor die bosveld van die Marlothpark-natuurbewarea, waar diere vrylik beweeg op 'n daaglikse basis. Die eenhede het dus nie uitsigte oor die Krokodilrivier en Krugerwildtuin nie.
- Die lodge kamers op die boonste verdieping het 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
- Die Deluxe lodgekamers en die kamers op die onderste verdieping, alhoewel hulle front na die Krugerwildtuin en Krokodilrivier, het 'n uitsig oor die natuurlike bosveld voor die lodge.
- Geen formele tuine word toegelaat in Marlothpark nie, aangesien dit 'n natuurreservaat is wat diere van genoeg weiding in die winter moet voorsien.

- Selfry-ritte na die Krugerwildtuin in gaste se eie voertuig:
- Indien gaste die Krugerwildtuin in hul eie voertuig wil binnegaan, stel ons voor dat gaste vooraf op SANParks se webtuiste bespreek, om seker te maak dat gaste toegang kry en om lang toue te vermy. - - Die naaste hek is die Krokodilbrughek, wat 18 km vanaf die instansie is. Die Malelane-hek is 45 km vanaf die instansie.

- Safaris, toere en aktiwiteite wat die instansie aanbied:
- Neem asb. kennis dat sommige van die aktiwiteite weens Covid-19 nie beskikbaar is nie.
- Doen asb. by ontvangs navraag. Neem asb. kennis dat alle safari-ritte, toere en akwtiwiteite vooraf bespreek moet word, sodat sitplekke verseker kan word.

Ekstra gaste:
- Die kamers op die onderste verdieping van die lodge en die kamers in die selfsorgeenheid is groot genoeg om ’n ekstra bed in te sit, wat op versoek voorsien kan word. Indien die aantal gaste vir die bespreking verander word, moet gaste asb. die instansie in kennis stel aangesien die verblyftarief per persoon bereken word en 'n ekstra fooi per ekstra persoon gehef sal word:
- Kinders 1 jaar oud en jonger bly gratis.
- Kinders tussen die ouderdom van 2 en 11 betaal 50% van die deeltarief.
- Kinders 12 jaar en ouer betaal die volledige verblyftarief.

TV:
- Een van die redes waarom gaste by hierdie instansie bespreek, is omdat hulle 'n diep begeerte het om uit die stadslewe te ontsnap, al is dit net vir 'n kort tydjie. Daarom glo die instansie dat gaste eerder na die klanke van die Afrika-bosveld en die diere wil luister. Om hierdie rede is daar geen televisie in enige van die eenhede nie. Vir die TV-entoesias is daar grootskerm-TV's in baie van die restaurante in die omgewing wat net 'n klipgooi van die instansie af is.

Klankbesoedeling:
- Aangesien dit 'n bewarea is word geen harde musiek toegelaat nie. Die sekuriteitsmaatskappy in Marlothpark sal opdaag as hulle klagtes ontvang, en 'n boete van tot R2000 sal gehef word.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19 waarborg: Ons waarborg ’n volle terugbetaling vir enige kansellasies weens nasionale of provinsiale beperkings op reis wat jou daarvan weerhou om jou bespreking te gebruik Lees meer
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Njalastraat 2821, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb1523b16e35bc6c341eb7f7e05f8c595c395ab529a3c5d18873c41dd4531903429d8814c8e8ac1b912e6cbe5495d422ebbd8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300  per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 2821 Njala Street Marloth Park 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.335851833263 31.791782230139
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!