Bush Getaways
- Kapasiteit: 52 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bothaskraal, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bush Getaways grens aan die malaria-vrye Addo Olifantpark en bied luukse verblyf. Dit is 'n enkelstop-bestemming vir gesinswegbreke, korporatiewe indaba's, "bundubash"-wegbreke vir skoolkampe en natuurliefhebbers.
Daar is 3 lodges, naamlik die Intaba Game and Mountain Lodge met 5 en suite-slaapkamers wat slaapplek vir 10 gaste bied en ekstra slaapplek vir kinders. Jy kan slegs die lodge slegs met 'n 4x4-voertuig bereik.
Die Aloe Tented Camp het 3 tente en 'n grasdak-chalet wat elk oor hul eie badkamer beskik. Daar is altesame slaapplek vir 22 gaste. Deer Cottage het 3 selfsorgkamers en slaapplek vir 8 gaste, plus 2 kinders op stapelbeddens.
Elke lodge word as een eenheid verhuur en minimum tariewe geld dus wanneer kleiner groepe bespreek. Elke verblyfplekkie het 'n plonspoel om in af te koel op die lang, warm somerdae. Die lodges maak gebruik van sonkrag so geen elektriese toestelle soos haardroërs, broodroostrer en ketels kan gebruik word nie. Gasgeisers- en stowe word gebruik.
Die plaas is die tuiste van meer as 25 spesies wild. Dit sluit in kameelperde, koedoes, rooiribbokke, duikers, waterbokke, njala's, gekolde herte, elande, blesbokke, springbokke, rooibokke, wildebeeste, bosbokke, ratels, aardwolwe, jakkalse, rooikatte en bakoorjakkalse asook die Kaapse bergsebratroppe wat ons ingevoer het.
Prentjiemooi boswandelings, bergfietsroetes en 4x4-roetes is beskikbaar. Die verskeidenheid voëls en plante maak dit 'n wild-entoesias se droom-bestemming. In die omgewing kan jy ook die Addo Olifantpark besoek, 'n jagluiperd-teelkamp, die Sondagsrivier roos-plantasies, die sitrus-pakhuise en topklas gesondheid-spa's.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Nicole Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Jaar gelys 11
Ligging
- Bothaskraal, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Gaste dink Bush Getaways het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 52 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bothaskraal, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom