Ballito Bay Villa
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Townsend-weg 5, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ballito Bay Villa is 'n luukse en eksklusiewe selfsorghuis vir sakereisigers en vakansiegangers en is naby die strand in Ballito geleë. Dit is op 'n privaat en veilige landgoed, net 22 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe, verskeie geriewe, restaurante en strande.
Die huis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-sitarea, -binnehof en -kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike stoele en 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet.
Die oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea lei na 'n binnehof met 'n welige tuin, buitemeubels, 'n Meksikaanse kaggel en braaigeriewe. Gaste is welkom om die sprankelende swembad te benut. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is 'n omsetter en dus kan gaste die DStv, 'n waaier en herlaaibare lampe tydens beurtkrag gebruik.
Die huis is naby Ballito se promenade en swemstrande en gaste kan branderplank-lesse by die plaaslike branderplank-skool bywoon of by die ambagsmark vertoef terwyl hulle by die Leefstylsentrum vermaak word met musiek- en ander kunstenaars. Verder bied Ballito gehalte-restaurante, pragtige strande en lekker visvangplekke.
Slaapplek
’n Bespreking by Ballito Bay Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Townsend-weg 5, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ballito Bay Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Townsend-weg 5, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom