Astrandt 3
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Astrandt 3 is 'n pragtig ingerigte grondvloer-strandkothuis in Paternoster. Dit is net 40 m van die strand af met direkte toegang tot die strand. Let asseblief daarop dat dié eenheid geen see-uitsigte het nie.
Dié eenheid beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met slegs 'n stort, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstoof, yskassie, broodrooster en ketel. In die leefarea is daar 'n TV met 'n volle DStv-pakket. Daar is ook 'n muurverwarmer vir die koeler winterdae.
Buite het gaste toegang tot parkeerplek op die perseel, sowel as braaigeriewe. Ongelukkig word troeteldiere en kinders nie toegelaat nie. WiFi is op die perseel beskikbaar. Let asb. daarop dat daar nog 'n eenheid aan die bokant van Astrandt 3 is. Die trappe wat lei na die boonste eenheid is langs Astrandt 3 se braai-area geleë.
Die ouwêreldse vissersdorpie, Paternoster aan die Weskus, is net 90 minute vanaf Kaapstad. Dié rustige dorpie is die perfekte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Hiér word gaste daagliks deur die branders, die seemeeue en soms die mishoring vermaak.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Meer oor dié eenheid
- Patio
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Ekstras
- Kroegyskas
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 1691
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Astrandt 3 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mosselbank Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom