Asemskep
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm / Plaas Heydon, , Middelburg, 5900, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 460 per nag, vir 13 mense
Beskrywing
Kom asem suiwer Karoolug in by Asemskep, in die hartjie van die Karoo. Asemskep is op die plaas Heydon, op 'n 40 km grondpad op die Richmond-pad (R398) buite Middelburg, Oos-Kaap geleë. Daar is ‘n grondpad met skilderagtige natuurskoon vanaf Asemskep na die legendariese “Uilhuis” op Nieu-Bethesda. Sowat 50 km verder op dieselfde roete lê Graaff- Reinett.
Asemskep is ‘n ou plaashuis wat omring is met pragtige natuurskoon. Is jy al deur die geblêr van skape wakker gemaak? Dan is Asemskep jou bestemming. Dit is die perfekte plek vir iemand wat rus en vrede, vars lug en stilte nodig het en saans is die sterrehemel ‘n belewenis.
Die uitsig oor die veld, die berge en die lusernlande met skape wat blêr is onvergelykbaar. Daar is ‘n groot verskeidenheid voëllewe met ‘n gronddam net agter die huis waar voëls die hele dag gehoor word.
Asemrowende sonsondergange en die rustigheid wat die natuur aanbied, word sonder enige steuringe, sonder televisie- of selfoonontvangs by hierdie wegbreekvakansiehuis aangebied. Bergfietsliefhebbers kan die roetes hier gate uit geniet. Afhangend van van die tyd van die jaar, kan jy die geleentheid kry om te sien hoe skape geskeer word, asook die kans om ‘n hanslam melk te gee.
Geniet hierdie ten volle gemeubileerde huis met 4 slaapkamers (een daarvan het 'n en suite-badkamer) en ‘n aparte badkamer wat die ander 3 kamers deel. Asook 'n sitkamer, sonkamer, kombuis en binne braai-area. Asemskep het ‘n groot grasperk waar kinders heerlik kan baljaar en bal skop. Die sitkamer het ‘n gesellige hout kaggel wat die koue Karoo-aande ‘n onvergeetlike ondervinding maak.
Asemskep nooi jou om 'n ontspanne wegbreek op hierdie veilige, gesonde en vreedsame vakansiebestemming te geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by Asemskep sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Beulah Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Jare op LekkeSlaap 9
Ligging
- Farm / Plaas Heydon, , Middelburg, 5900, Oos-Kaap
- Gaste dink Asemskep het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm / Plaas Heydon, , Middelburg, 5900, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom