503 Oyster Schelles
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg 2, 503 Oyster Schelles, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
503 Oyster Schelles bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die vyfde verdieping van 'n kompleks wat deel is van die Oyster Box-perseel in Umhlanga. Die woonstel bied 'n mooi uitsig oor die Indiese Oseaan.
Die woonstel het lugversorging, beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer front na die see en het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer front ook na die see en het 'n dubbelbed en daar is ook 'n dubbelbed in die derde slaapkamer. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus en die sitarea het 'n TV met 'n vol DStv-pakket en 'n DVD-speler.
Die hoofslaapkamer, wat langs die sitarea is, het 'n skuifdeur en bied toegang tot 'n stoep met buitemeubels, 'n gasbraai en 'n pragtige see-uitsig.
Daar is 'n swembad in die kompleks en die kompleks is stapafstand vanaf winkels, restaurante en die strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Karyn Geverifieer
Eiendomme 33
Resensies 99
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Lighthouse-weg 2, 503 Oyster Schelles, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 503 Oyster Schelles het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg 2, 503 Oyster Schelles, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom