19 Hillside Lane, Dunkirk Estate
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 10 Jun 2024 tot 15 Jul 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Salt Rock-weg 1, Dunkirk Estate, Ballitoville, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R8 000R7 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
19 Hillside Lane, Dunkirk Estate is in Ballito, 'n gegoede kusdorpie in KwaZulu-Natal. Dit is die ideale bestemming vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n wegbreek naby die see.
Hierdie ruim huis met lugversorging beskik oor 4 slaapkamers en 5 badkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde badkamer het 'n bad en stort, en die laaste 2 gastebadkamers het elkeen slegs 'n toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV, 2 eetareas binne en buite, en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser toegerus is.
Daar is ook veilige parkeerplek, braaigeriewe en gratis WiFi. Gaste kan ook 'n potjie tafeltennis geniet of in die privaat swembad afkoel. Verder bied die landgoed 'n tennisbaan, 'n park vir die kinders om te geniet en die kans om te ontspan by die Laura Channing Spa.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Karen Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 23
Resensies 7
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Salt Rock-weg 1, Dunkirk Estate, Ballitoville, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Salt Rock Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Salt Rock-weg 1, Dunkirk Estate, Ballitoville, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom