Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

178 Port Natal

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorg.
Huisreëls

Geen WiFi beskikbaar op perseel maar 'n WiFi-versender kan saamgebring word, indien jou diensverskaffer dit nie 'fixed LTE' geregistreer het nie.
'n Slim-TV met DSTV Premium beskikbaar en gaste hoef nie 'n dekodeerder of kaart saam te bring nie.
Die buitebraai het roosters en die nodige gereedskap.
Beddegoed word voorsien maar gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die sleutels is in 'n sleutelboksie op die perseel beskikbaar. Gaste moet die eienaar direk kontak om die inklokreëlings te tref.
Inklok is streng na 14:00 en uitklok is streng voor 10:00, tensy anders reëlings met die eienaar getref is.
Sodra gaste by die huis arriveer moet hulle asb. seker maak dat die geiser aan is.

Alle gaste moet die vullis Dinsdae (dag van vullisverwydering) voor die huis op die sypaadjie plaas, Alle vullis moet in plastieksakke wees wat stewig toegebind is. Geen vullis mag direk in vullisdromme gegooi word nie. Gaste moet die plastieksakke onder die kombuis wasbak gebruik

Slegs die aantal gaste wat deel van die bespreking vorm word op die perseel toegelaat. Geen tente en karavane vir gaste sal toegelaat word nie.

Indien die elektrisiteit uitloop moet gaste die nommer op die verdeelbord gebruik om elektrisiteit by die Spar - in Hartenbos Hoofstraat aan te koop.

Vir beurtkrag is daar 2 herlaaibare ligte, kerse en vuurhourtjies, 'n losstaande gasbottel en 'n fluiteketel. Let asb. dat die selfoontoring ook deur beurtkrag geaffekteer word. Op die ESP-App sal die skedule onder Hartenbos, Mosselbaai (7) verskyn.
'n Maksimum van 2 klein hondjies of 1 kat word op die perseel toegelaat, mits reëlings vooraf getref word. Een klein honde bedjie en plastiekbakkies vir water en kos word voorsien. Gaste moet asb. agter hul diere skoonmaak. Wanneer die diere buite die erf beweeg, moet hulle aan 'n leiband vas wees. Geen buitensporige geblaf sal aanvaar word nie en gaste bring hul diere op eie risiko saam.

Stiltetyd is om 22:00 en gaste moet asb. teenoor die bure respekvol wees. Buitensporige geraas sal aan die owerhede gerapporteer word, en indien daar klagtes is sal gaste versoek word om die perseel sonder terugbetaling te verlaat.

Rook, vape en waterrookpype is streng binnenshuis verbode. Gaste moet ten 1. 5 meter vanaf die oop vensters en deure rook.

Let asb. dat die gras op ‘n gereelde basis gesny word en dit mag dalk tydens gaste se verblyf geskied. Indien dit die geval is, sal gaste vooraf in kennis gestel word.

Die deure en vensters moet gesluit en toe wees wanneer gaste die huis verlaat, en vermy om enige waardevolle items binne die bereikafstand van vensters te los.

Moet asb. oor die bure se erf loop of ry nie.

‘n Maksimum van 2 voertuie word toegelaat.

Moet asb. geen items uit “Hartenbos Huisie” verwyder nie.




Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan 178, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA93b134d3e33da129bb423b8c4ed30c14dff1aa336003e002ab1df1cbc9ca9e38dc6ad8eb6f8a21de08b5781af602ed2d3206?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 178 Port Natal Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.120590092651 22.116194028836
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem