Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graaff-Reinet

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.

Graaff-Reinet

Jesa Accommodation & Caravan Park

"Baie mooi en interessante plekkies om te besoek."

Graaff-Reinet

Leopard's Valley Guest Cottages

"Sommige restaurante se foonnommers op Graaff-Reinet se inligtingsblad bestaan nie meer nie. Ek vermoed ons het nuwe plekkies gesien wat ook nie gelys is nie. Oor die algemeen is dit regtig 'n mooi dorpie met pragtige ou geboue wat mooi onderhou word. Dit lyk of die inwoners omgee vir hoe die dorpie lyk. "

Graaff-Reinet

Eenzaamheid Holiday Farm

"Nie regtig baie tyd in Graaff-Reinet deurgebring nie, so kan nie regtig waardeer wat in en om die dorp aangaan nie, behalwe die groot kerk."

Graaff-Reinet

Karoopark Guest House

"Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!"

Graaff-Reinet

Karoopark Guest House

"Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken."

Graaff-Reinet

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Museums was interessant. Ek was aangenaam verras."

Graaff-Reinet

Queen Manor Boutique Guest House

"Interessante geskiedkundige dorp."

Graaff-Reinet

The Cottage

"Graaff-Reinet is 'n baie mooi dorp met pragtige ou kerke."

Graaff-Reinet

Middle Street Manor

"Almal wat Graaff-Reinet besoek moet na die Vallei van Verlatenheid gaan kyk. Dis 'n heerlike uitstappie. "

Graaff-Reinet

Thyme and Again B&B

"Graaff-Reinett het soveel besienswaardighede. Ons het die Vallei van Verlatenheid gaan besoek en dit was 'n wonderlike ervaring."

Graaff-Reinet

Drostdy Hotel

"Pragtige skoon dorp!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"Pragtige dorp. "

Graaff-Reinet

Karoopark Guest House

"Besoek die Vallei van Verlatenheid. Pragtig."

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Goeie ligging vir oornag vanaf Gauteng na Kaap. "

Graaff-Reinet

Beau & I

"Die hoofstraat is vieslik vui en vol leeglèers wat ons laat bang voel het toe ons terugstap van Drosdy Hotel. "

Graaff-Reinet

Beau & I

"Mooi museum, baie om te sien, lekker restaurantjies!"

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."

Graaff-Reinet

Waterval Farm-Stay

"Heerlike Karoo-dorp vol sjarme. Baie veilig."

Graaff-Reinet

4 Louis Trichardt Avenue

"Graaff-Reinet sal veral oorsese besoekers trek, want dit is ryk aan groot geskiedenis, baie geskiedkundige geboue en is besonders ouwêrelds. Vir ons is dit een van die oulikste dorpies in die Karoo!"

Graaff-Reinet

Rietjiesbos

"Pragtige, interessante dorpie, net warm."

Graaff-Reinet

Caledonia Tree Top Apartment

"Die omgewing is mooi. Al die geboue is pragtig instandgehou. Dit is werklik 'n oulike dorp, met interessante museums Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie."

Graaff-Reinet

Karoo Vine Guest House

"Dit was goed om vir 'n verandering 'n netjiese en skoon dorp te sien. Die dorp is aansienlik skoner as die meeste dorpe waardeur ons gery het."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Baie mooi plekkie, net jammer ons kon nie by die Reinet-huis ingaan nie omdat hulle besig was om die plekkie op te knap. Dit maak wel 'n mens se hart bly dat dit so mooi instandgehou word. Dit is 'n prentjiemooi plek, al die ou huisies en vriendelike mense. Ons hoop om volgende keer langer te vertoef. Dit is 'n moet vir elkeen om daarheen te gaan."

Graaff-Reinet

Donkin 32

"Graaff-Reinet het my verras! Ons het die hele dorp deurgeloop en ons verkyk aan die mooi gerestoureerde huisies, die interessante koffieplekkies en snuisterywinkeltjies. Die dorp is skoon en tuine is netjies. Die inwoners is almal so vriendelik, en selfs die skoolkinders op hul fietse het ons gegroet! Ons sal moeite doen om volgende keer in Graaff-Reinet oor te bly en nie net deur te ry na ons bestemming nie."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos

"Moenie die Vallei van Verlatenheid misloop nie!"

Graaff-Reinet

4 Louis Trichardt Avenue

"Sal graag daar wil bly."

Graaff-Reinet

6 Parsonage Street - De Kothuize

"Lekker gerieflike oorslaapdorp. Heerlike restaurante en oulike snuffelwinkeltjies. Genoeg ander besigtighede om van te kies. "

Graaff-Reinet

Osfontein Gastehuis

"We have been going to Graaf-Reinet for years on our annual holiday. It is an amazing place and over the years we have discovered interesting little places such as the Adesa Aloe Nursery with over 2300 species of "vetplante", cactus and aloes. Johan is so knowledgeable and the prices are really affordable if you want to take a piece of the Karoo home with you. "

Blad
Blad 52 - Wys 1531 tot 1560
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem