Verskeie vakansie-neigings het al gekom en gegaan, maar die goeie ou Jacuzzi bly darem net ’n toerisme-trekpleister. Dié bederfbad, wat ’n gesellige, warm kuierplek bied al is dit minus drie grade Celsius, is vandag nog een van die mees gesogte geriewe onder vakansiegangers. Daarom het LekkeSlaap ’n behoorlike lys van lekke blyplekke saamgestel waar jy in ’n Jacuzzi kan sit en ontspan. Klink dit salig? Lees dan verder!

Wes-Kaap

Clifton Beachfront Magic Apartment
Clifton, Kaapstad

Dié moderne drieslaapkamerwoonstel vir ses is in die middel van een van Kaapstad se gewildste buurte en bied ’n see-uitsig vanaf die balkon, ’n versteekte Jacuzzi en braaigeriewe in die tuin.

Clifton Beachfront Magic Apartment

Villa on 1st Crescent
Kampsbaai, Kaapstad

Kom rus tussen die Twaalf Apostelberge en die Atlantiese Oseaan in hierdie luukse villa vir agt. Die villa strek oor ’n paar verdiepings en daar is ’n swembad, ’n tuintjie, braaigeriewe én ’n lekker Jacuzzi.

Villa on 1st Crescent

Beach2Anchor
Gordonsbaai

Hierdie woonstel vir agt gaste is op die strandfront in Gordonsbaai. Jy kan lekker op die balkon sit en die verbygangers dophou, ’n vleisie oor die kole gooi of die WiFi gebruik — selfs tydens beurtkrag! 

Beach2Anchor

20 The Gordonia
Gordonsbaai

Hierdie tweeslaapkamerwoonstel vir ses is oorkant die ou hawe en stapafstand vanaf al die lekker plekke in Gordonsbaai. Dit strek oor vier verdiepings en daar is ’n braai en ’n Jacuzzi (teen ekstra koste) op die dakdek met ’n uitsig oor die see. 

20 The Gordonia

Strand Beach Lodge
Strand

Kom kuier op ’n gholfbaan op Valsbaai se strandfront. Strand Beach Lodge is ’n bekoorlike grasdakhuis met ’n eklektiese styl. Hiér is genoeg plek vir tien en die huis het sy eie braai, swembad en Jacuzzi. 

Strand Beach Lodge

Akimbella Lodge
Knysna, Tuinroete

Jou troeteldier is ook welkom hier! Dié luukse drieslaapkamerhuis vir ses gaste rus op ’n krans by die Knysna-koppe. Daar is kuierplek en ’n Jacuzzi op die dek, ’n tuin met ’n grasperk vir die kinders en luukse geriewe soos ondervloerse verhitting en ’n slim-TV.

Akimbella Lodge

Forest Valley Cottages
Knysna, Tuinroete

Romanties soos min! Forest Valley Cottages bied ses eenhede met slaapplek vir twee tot vier gaste en skuil op ’n hoogte bo die Knysnawoud. Die Earth Rose-kothuis spog ook met ’n Jacuzzi as jy lus is vir ’n besonderse bederf. 

Forest Valley Cottages

Kleinkrantz Beach House
Wildernis, Tuinroete

Sit agteroor in jou privaat Jacuzzi op die dek, of krul voor die kaggel op — by hierdie bekoorlike vakansiehuis vir ses gaste, kan jy albei doen! 

Kleinkrantz Beach House

Pezula Wine & Sea MT21
Knysna, Tuinroete

Hierdie selfsorgvilla vir agt is op die toonaangewende Pezula Gholflandgoed geleë en bied ’n uitsig oor die dertiende putjie. As jy lief is vir gholf, selfsorgvakansies en die woud, is hierdie huis vir jou. 

Pezula Wine & Sea MT21

African Oceans Manor on the Beach
Mosselbaai, Tuinroete

Hoe klink ’n vyfster-gastehuis op die strandfront in een van Suid-Afrika se gewildste vakansiedorpe? African Oceans Manor on the Beach bied B&B-verblyf in luukse eenhede vir twee tot vier gaste, elk met sy eie stoep of balkon.

African Oceans Manor on the Beach

Oos-Kaap

The Fernery Lodge and Chalets
Stormsrivier, Tuinroete

Stormsrivier is beslis een van ons gunstelingwegbreekplekke en The Fernery Lodge stel hierdie lowerryke area ten volle ten toon. Dié B&B is op ’n krans naby ’n waterval geleë en spog met verskeie kamertipes wat almal toegang tot die sauna, Jacuzzi en swembad bied. 

The Fernery Lodge and Chalets

Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi
Astonbaai, Jeffreysbaai

Hoe klink ’n romantiese wittebroodsuite langs die strand? Dié suite is in ’n natuurreservaat naby Jeffreysbaai en spog met ’n panoramiese uitsig. Nadat julle op die ongerepte strand gaan stap het, kan julle voor die binnenshuise braai opkrul of in die Jacuzzi ontspan.

Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi

Addo Dung Beetle Guest Farm
Addo-olifantpark

Kuier op ’n sitrusplaas in die Sondagsriviervallei met ’n uitsig op die Zuurberge. Hiér is oulike, unieke eenhede om van te kies, elk binne bereik van die hooflodge waar julle in die rotspoel kan swem of in die Jacuzzi kan sit en ’n uitsig oor die Addo-vallei geniet. 

Addo Dung Beetle Guest Farm

KwaZulu-Natal

Leopard Walk Lodge
Hluhluwe, Noordkus

Hierdie privaat safari-loge skuil aan die Olifantkus in die buitewyke van ’n skaars sandwoudhabitat waar verskeie skaars en bedreigde spesies ’n tuiste vind. Hiér kan jy in jou suite met glasmure sit en die ryk dier- en voëllewe dophou. Elke suite het sy eie Jacuzzi en heerlike maaltye kan by die Moonrise Lounge geniet word. 

Leopard Walk Lodge

Sani Valley Lodge
Himeville, Suidelike Drakensberg

Sani Valley Lodge is teen die agtergrond van die skouspelagtige Drakensberg naby die Sanipas geleë. Daar is luukse lodges met plek vir twee tot ses gaste rondom ’n enorme dam gerangskik. Elke lodge het ’n kaggel, dek en braaigeriewe en sommige lodges spog ook met Jacuzzi’s. 

Sani Valley Lodge

Heaven’s Door 
Trafalgar, Southbroom, Suidkus

’n Onverbeterlike uitsig oor die Indiese Oseaan wag op jou. Heaven’s Door is ’n selfsorgvilla vir agt gaste op die strandfront in Southbroom en bied weelderige ruimtes, ’n verhitte randvloeiswembad, ’n vuurput en ’n Jacuzzi met ’n uitsig soos min. 

Heaven's Door

Cayley Mountain Resort
Champagne Castle, Drakensberg

’n Mooier ligging sal jy nie vind nie! Hierdie oord in die Drakensberg bied ’n uitsig op Cathkin-piek en Champagne Castle. Daar is verskeie suites om van te kies, maar jy sal meestal besig wees met die rits aktiwiteite op die perseel en ná jou besige dag, kan jy in jou privaat Jacuzzi wegsink. 

Cayley Mountain Resort

Noordwes

Kraal African Luxury Lodge
Potchefstroom

Kraal African Luxury Lodge is ideaal vir ’n bederf-wegbreek soos ’n wittebrood. Hiér is ’n wildrit, jou ontbyt en aandete ingesluit en gaste kan ook ’n drankie by die spoggerige kroeg geniet. Die Superior Villas het ook elkeen ’n Jacuzzi en die ander eenhede het toegang tot verhitte swembaddens, die spa en ’n sigaarkroeg!

Kraal African Luxury Lodge

Aloe Rock Cabin
Bojanala

Hierdie kliphuisie pronk op ’n hoë krans en spog met ’n fantastiese uitsig oor die vallei. Daar is plek vir twee gaste en die huis het bederfgeriewe soos ’n buitestort, ’n kaggel, ’n braai en trappies na ’n bankie met ’n ongelooflike uitsig oor die sonsondergang. 

Aloe Rock Cabin

Gauteng

Map’s View Guesthouse
Glenvista, Johannesburg

Aanskou die Goudstad vanuit jou eie Jacuzzi! Map’s View Guesthouse is ’n tweeslaapkamerhuis in Glenvista en bied gerieflike slaapplek aan vier volwassenes en twee kinders. Die erf het ook ’n swembad, ’n klimraam en WiFi. 

Map's View Guesthouse

Stornoway Lodge
Wesrand

Lus om van die stadsgemaal te ontsnap? Stornoway Lodge is net vyf minute van Lanseria af, maar sy natuurryke omgewing sal jou laat voel asof die stad ver is. Daar is oorgenoeg aktiwiteite vir die kinders en waterpret op die dam. Maak seker jy kies een van die Jacuzzi-suites! 

Stornoway Lodge

Mpumalanga

Doornkom
Marlothpark

Wildkyk én ’n Jacuzzi? Hierdie drieslaapkamerhuis se lugversorging sal sorg dat jy koel bly in die bosveldhitte, maar jy sal ook lekker warm kan bly wanneer jy in die Jacuzzi op die dek sit. Miskien sien jy ’n bokkie wat vir jou staar terwyl jy daar sit!

Doornkom

Limpopo

Jackall’s Call Moi Signature Luxury Home
Waterberg

Lief vir ’n potjie gholf? Dan is hierdie selfsorghuis vir agt gaste op die Zebula Golf Estate and Spa die ideale keuse. Dit is nie net vir sorgelose vakansieverblyf toegerus nie, maar het ook ’n Weber-braai, vuurput, skoonmaakdiens en ’n onderdak-Jacuzzi. 

Jackall's Call Moi Signature Luxury Home

Parsons Hilltop Safari Camp
Hoedspruit

’n Wonderlike safari-vakansie wag op jou by Parsons Hilltop Safari Camp. Hierdie kamp in die Balule Wildreservaat bied fantastiese wildkyk-ervarings en die seiltente is stylvol ingerig. Jou verblyf sluit alle fynproewer-maaltye en wildritte in en die Oriole Luxury Tent het sy eie Jacuzzi.

Parsons Hilltop Safari Camp

Nyala View
Mabalingwe Natuurreservaat

Daar is plek vir twaalf gaste in hierdie spoggerige privaat lodge in die Mabalingwe Wildreservaat. Geniet ’n skouspelagtige bosveld-uitsig van die dek af, krul voor die TV op, speel ’n potjie pool of sit in die Jacuzzi of swembad agteroor. 

Nyala View

Vrystaat

Vaal River Bush Lodge
Boschenvaal, Noordelike Vrystaat 

Swierig en stylvol — ’n mooier vakansiehuis gaan jy nie sommer vind nie! Hierdie drieslaapkamerhuis vir tien gaste is op die rivieroewer geleë en het tot ’n boothuis waarin julle kan sit en kuier. Rus in die swembad, hangmat of Jacuzzi wanneer jy hiér kom draai. 

Vaal River Bush Lodge

Kasteelkop Guest Farm 
Frankfort

Tuur oor die Vrystaatvlaktes vanuit jou Jacuzzi wanneer jy by Kasteelkop Guest Farm net buite Frankfort kuier. Die plaas is op die oewer van die Wilgerivier geleë en bied drie verskillende eenhede, asook kampeerplekke. Hiér kan jy perdry, bergfietsry, stap en selfs by die spa ’n draai maak. 

Kasteelkop Guest Farm

Ons maak solank die water warm — kliek en bespreek vir jou ’n heerlike Jacuzzi-wegbreek!

Hooffoto: Forest Valley Cottages op LekkeSlaap.co.za