Soos gesien op Maroela Media.

Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en Bovenendvankeelafsnysleegte mag dalk die twee langste plekname in Suid-Afrika wees, maar daar is beslis talle ander algemener en interessante plekke met oorspronklike name in ons mooie land! LekkeSlaap het ’n bietjie gaan kyk waar dié name vandaan kom.

Tietiesbaai, Weskus

Tietiesbaai is net anderkant Paternoster in die Kaap Columbine Natuurreservaat aan die Weskus geleë. As kinders kon ons nooit ons lag hou wanneer ons hoor ons kamp die naweek hier langs die see nie. Die naam kom blykbaar van ’n paar groot rotse wat bo die strand uittroon en vandaar het die matrose seker net beskryf wat hulle sien. Maak net seker jy slaan nie onwetend jou tent langs die mishoring op nie ─ jy sal sweer die aarde kom tot ’n einde wanneer daai ding vroegoggend langs jou begin skree!

Bespreek ’n naweek vir twee by Sea Shack of vir ’n groep by As It Is In Heaven en neem gerus jou plekkie langs die kus in.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Escapes Magazine ZA (@escapesmagazineza) on

Hotazel, Noord-Kaap

Dit verg nie veel verbeelding om uit te pluis waar hierdie myndorpie se naam vandaan kom nie. ’n Groep landmeters het in 1915 daar gaan inloer en besluit die plek is so hittig soos die hel. Alhoewel Hotazel in die somer snikheet warm kan raak, is dit ook heel ironies een van die koudste plekke in die winter.

Alhoewel ons nie verblyf in Hotazel self het nie, kan jy by Chapman Safaris Game Lodge of Red Sands Country Lodge in die omtrek gaan kuier.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Sumesha Durais (@splashie_d) on

Putsonderwater, Noord-Kaap

Al wat vandag van hierdie verlate nedersetting oorbly is die staaltjie agter die naam. Blykbaar het ’n man met die naam David Ockhuis en sy seuns ’n put op die plaas gegrawe en ’n lekker waterstroom het daarvandaan gevloei. Maar hy wou nie juis die Kalahari se rus en vrede met die skare deel nie. Elke keer as iemand dan oor die put of water gevra het, antwoord hulle: “Ja meneer, ek het ’n put, maar dit is ’n put sonder water”. Dis jammer dat dit toe later verwesenlik het toe herhaalde droogte die dorp se vooruitgang in die wiele gery het.

Thuru Lodge in die Groen Kalahari is net so ’n entjie verder geleë en bied hope om te doen nadat jy dié spookdorpie besoek het.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Nisda Ⓜ (@nisda_m) on

Die Hel, Swartbergpas, Wes-Kaap

Dis die pas waarmee mens die Gamkaskloof bereik. Voordat moderne voertuie en tegnologie egter beskikbaar was, het die veeinspekteur, Piet Botha, sy ekspedisie om te in en te uit as een helse gesukkel beskryf.

Prins Albert en Oudtshoorn lê weerskante van die Swartbergpas, en ons stel voor jy bespreek ’n rusplekkie vir wanneer jy self Die Hel klaar aangedurf het.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Sarah, Tim und Elisabeth (@timpix4x4) on

Seweweekspoort, Wes-Kaap

Hierdie poort was eers bekend as Zerwick se poort ter ere aan een van Amelienstein se stigters. Ons hou egter meer van die gerugte dat dit ’n berede kommando sewe weke geneem het om rowers van Barrydale tot anderkant die Swartberge te verban, en vir ’n boer om by die huis uit te kom nadat hy die pad byster geraak het, of vir ’n bende brandewynsmokkelaars om deur die kloof van Beaufort-Wes af terug te keer.

Ons het talle pragtige plekke met asemrowende uitsigte langs die poort wat sal maak dat jy vir sewe weke sal wil bly!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by 7weekspoort MTB Challenge (@7weekspoortmtb) on

Riemvasmaak, Noord-Kaap

Vandag ry jy gou apteek toe en kry ’n salfie of raadpleeg jou dokter vir jou rumatiek, maar lank lank gelede moes jy dalk ’n mineraalbad in die Moloporivier opspoor as kuur vir jou kwale. ’n Ou Damara-man het die einste gedoen. Hy wou aan die diep kloof se onderkant by die water uitkom en al hoe hy dit kon regkry was om ’n klomp riempies aan mekaar vas te maak en homself af te hys.

Kom les jou dorp vir ’n wegbreek langs die Oranjerivier in die Groen Kalahari, en kyk of jy ’n nuwe nut vir ’n riem kan vind.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Ultimate Adventures (@ultimate_adventures) on

Laaiplek, Weskus

Ek laaik vir Laaiplek! Die lekker plek is net anderkant Velddrif, en as jy nie mooi kyk nie mis jy dit sommer. Die naam kom heel vanselfsprekend van die feit dat dit ’n plek vir vissersbote was om hulle vangs af te laai en voorraad vir nog ’n ekspedisie op te laai.

’n Wegbreek aan die Wekus is presies wat jy nodig het om jou sorge af te laai!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Dj-Latiembo SA (@latiembosa) on

Koffiebaai, Oos-Kaap

Koffiebaai se kranse en groen heuwels lê by die Nengariviermond. Die skeepswrakke wat die stukkie rotsagtige kus bespikkel het bygedra tot die naam toe ’n skip met ’n vrag koffiebone in 1863 daar gestrand het. Toe die vrag geplunder is, is van die bone agtergelaat en baie seisoene daarna het hordes koffieplante begin groei.

Skink ’n koffietjie en verbeel jou jy kyk uit oor die koffiebone wat langs die Wildekus gegroei het voor die wind en weer gewys het wie’s baas.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Firefly Bushpackers (@fireflybushpackers) on

 

Knersvlakte, Noord-Kaap

Daar is twee moontlike, heel logiese, verklarings vir hierdie benaming. Toe die eerste inwoners daar opgedaag het, het dit maar knersend gegaan om die ongenaakbare woestynagtige landskap in ’n leefbare area te omskep. Of die naam is te danke aan die kwartsieklippies wat ’n onmisbare knersgeluid onder jou voete of dalk ’n ossewawiel gemaak het.

Gaan kuier in Lutzville of Vredendal en hoor of jou kar ook sulke knersgeluide maak.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Purple-heron (@purpleheron14) on

Daar is voorwaar geen einde aan die eienaaridge en eiesoortige plekname in ons besonderse land nie. Het jy al van ’n snaakse dorp, streek of pas gehoor? Laat weet ons gerus hieronder in die kommentaarblokkie!

Hooffoto – Bigstock