Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Adriëtte le Roux

Dié strandhuise is nog beskikbaar vir Desember

Soos gesien op Maroela Media. Al moeg gesoek na die perfekte strandhuis vir Desember? Teen Oktober is blyplek teen die kus vir die somervakansie so skaars soos hoendertande, maar moenie bekommer nie! Met LekkeSlaap.co.za is jy sommer binne ’n japtrap uitgesorteer. Rol af ek kyk na ons versameling gesinsvriendelike vakansieverblyf naby die see wat nog […]

As die stilte roep: Afgeleë Karoo-blyplekke

“Die Karoo is nie vir almal nie.” Só sê my swaer wat hier boer op ’n plaas so groot soos ’n dorp, maar so stil en heilig soos ’n gebed vir reën. En hy is reg ─ die Karoo se groot ooptes is gestroop tot net die basiese. Dit gee egter vir jou en jou […]

Wynplaas wonderlik! Bly tussen die wingerde

Almal klink ’n glasie ─ ons mag weer wynlandgoedere besoek! Maar hoekom net na die wynstreek ry om wyn te proe? Saal sommer vir ’n paar dae daar af, verken die area en geniet ’n uitsig oor die wingerd, terwyl jy rustig op die stoep aan jou plaaslike gunsteling sit en teug.  Hier is LekkeSlaap […]

Besonderse blomme van Suid-Afrika: ’n lysie vir beginners

Van fynbos, die wêreld se mees diverse blommeryk, tot Namakwaland se knalhelder blomkombers, en van suikerbekkies wat rondom die aalwyn se vlamblomme tango tot die onopvallende vygie wat skielik, ná genoeg reën, vol satynagtige neonblommetjies ontplof ─ Suid-Afrika het baie om op trots te wees as dit by ons blommeprag kom! So, sit jou blombrille […]

Koffiebaai: Kom ruik die Wildekus se aroma

Net sodat jy weet, daar is baie meer koeie as koffiewinkels in Koffiebaai. Só het ek met my eerste besoek aan dié Oos-Kaapse dorpie, eintlik meer ’n klein, plattelandse nedersetting aan die Wildekus met ’n paar restaurante, ’n spaza-winkel, ’n pragtige strand en hope natuurskoon, geleer. Dis soos ’n paradys van lowergroen heuwels, kuswoude en […]

Seesand en sjampanje: 11 knus kushotelle

Lus vir die loslit-luukse atmosfeer van ’n kushotel? Dink net, binne word jy op die hande gedra deur personeel wat wéét hoe, daar is sjokoladetjies op jou kussing en ’n hotelkroeg met ’n knetterende kaggelvuur, en buite lei ’n houthekkie jou tot op die strand en is daar ’n plekkie om die seesand van jou […]

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers

Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat […]

SA se skouspelagtige watervalle

Asof Suid-Afrika nie reeds tot oorlopens toe vol natuurskatte is nie, wys ons land ook graag hóé ‘oorlopend’ dit is in die vorm van pragtige watervalle wat oor verskeie van ons kranse druis en bruis. Laat LekkeSlaap jou van hierdie valle vertel en leer hoe jy by elkeen uitkom.

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem