By LekkeSlaap doen ons ons bes om die beste wegbreekplekke op ons gebruikersvriendelike webtuiste te adverteer sodat gaste die beste wegbreek-ervaring keer op keer kan geniet. Elkeen se voorkeure en behoeftes verskil en daar is werklik iets vir elke sak en smaak.

In hierdie artikel wys ons vir jou ’n paar rolstoelvriendelike blyplekke in die Wes-Kaap.

Skeiding Guest Farm

Skeiding Guest Farm is langs die N2 in Heidelberg en bied verblyf in ’n verskeidenheid gastekamers en kothuise. Dit is ’n graan-, skaap-, volstruis- en Nguniplaas, en ’n driegangmaaltyd word elke aand by die familietafel bedien. Boonop kan gaste die volstruise voer en die werkende skaaphonde dophou.

Daar is twee eenhede wat rolstoelvriendelik is, naamlik Ossie the Ostrich – Dubbelbed en Blue Crane – 2 Enkelbeddens. Die eenhede verseker genoeg beweegruimte deurdat die vloeroppervlak binne gelyk is en die badkamers ook ’n rolstoelvriendelike stort het. Boonop lei die eenhede na ’n lieflike stoep waar gaste kan ontspan.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Eerlikheidskroegies
  • Kaggels

Aha Harbour Bridge Hotel & Suites

Aha Harbour Bridge Hotel & Suites is in die Laer Langstraat in Kaapstad geleë en bied verblyf in luukse suites, ateljeewoonstelle en kamers. Dit is in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum-distrik en is baie naby die V&A Waterfront geleë. Dit is ook lekker naby die Parlement, die Kultuurgeskiedenis Museum, Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad-stadion, Century City, Grand West Casino en Kaapstad Internasionale Lughawe. 

Die parapleeg-kamer is rolstoelvriendelik en het ’n gelyke vloeroppervlak binne. Die en suite-badkamer het ’n oopplan-uitleg met ’n stortstoel, gemodifiseerde krane en handrelings.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Konferensiegeriewe
  • Gratis WiFi
  • Digitale kluis
  • Kafee (Canal Café)
  • Swembad
  • Veilige parkeerplek

Van Den Berg’s Guesthouse and B&B

Van den Berg’s Guesthouse and B&B is ’n ruim en luukse gastehuis met vyf eenhede en is in Bettysbaai geleë. Dit spog met uitmuntende kookkuns, pragtige uitsigte vanaf die stoep en legio avontuur-aktiwiteite in die omgewing. Die gastehuis bied ongelooflike uitsigte op die Overberge in die noorde, oor Walkerbaai in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die suide. Julle kan ook die Harold Porter Botaniese Tuin (’n wêrelderfenisgebied), wat deel is van die Kaapse Blommestreek besoek.

Die Whales-suite is die rolstoelvriendelike eenheid. Dit is op die grondverdieping, op dieselfde verdieping as die parkeerplek en het wye deuropeninge en gange. Daar is ook ’n rol-in-stort, handvatsel in die badkamer en ’n lae wasbak. Boonop is die ligskakelaars in hierdie eenheid ook laer.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Gratis WiFi
  • Platskerm-TV
  • Verhitte handdoekrelings
  • Braaiplek
  • Veilige parkeerplek

A Tuscan Villa Guest House

Hierdie Italiaanse villa bied luukse en ruim verblyf in ses eenhede en gaste kan ’n uitsig op die berg geniet. Dit is in ’n stil deel van Vishoek geleë en is net 500 meter vanaf ’n veilige gesinsstrand, 35 minute se ry vanaf die Kaapse Middestad en vyf minute vanaf Simonstad se vlootbasis. 

Daar is ’n rolstoelvriendelike standaardkamer met ’n grondverdieping-suite wat spesiaal ontwerp is. Die en suite-badkamer het ’n stort en toilet met handrelings. Die vloeroppervlak binne is gelyk, die eenheid het genoeg beweegruimte en lei na ’n lieflike stoep.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Gratis WiFi
  • Biblioteek
  • TV met die volle DStv-pakket
  • Swembad
  • Braaiplek en ’n pizza-oond
  • Veilige parkeerplek

Netan-El Self-catering

Netan-El Self-catering bied skoon en bekostigbare verblyf in twee selfsorg-eenhede en is in die Weskusdorpie Velddrif geleë. Dit is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers wat noord of suid reis en oornagverblyf soek. Boonop het gaste toegang tot die gemeenskaplike buitebraaigeriewe. 

Die rolstoelvriendelike eenhede is die Retro- en See Breeze- eenheid. Vir gerieflike toegang is daar ’n rolstoeloprit by die ingang en ’n gelyke vloeroppervlak binne. Daar is handrelings in die badkamers en genoeg beweegruimte om die beddens.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Geskik vir sakpasreisigers
  • Braaiplek
  • Parkeerplek op die perseel

BlueSky Arniston

BlueSky Arniston is ’n gastehuis met ses eenhede en is in Arniston geleë. Dit is ook naby gewilde visvangplekke in die omgewing en is net 40 minute se ry vanaf die mees suidelike punt van Afrika. Die eenhede het universele kragproppe en USB-punte.

Die rolstoelvriendelike eenheid is die Deluxe Queen en dit het ’n gelyke vloeroppervlak binne. Vir bystand is daar handrelings in die stort en toilet en maklike beweegruimte. Die eenheid lei ook na ’n stoep.

Kenmerke

  • Afrikaans
  • Gratis WiFi
  • Swembad
  • Lugversorging
  • ’n Ontbyt-buffet is by die tarief ingesluit
  • Parkeerplek op die perseel

Gebruik LekkeSlaap se rolstoelvriendelik-filter

Indien julle nóg plekke soek, of selfs nuuskierig is oor opsies in ander provinsies, kan julle gerus die webtuiste via die volgende stappe raadpleeg:

  • Besoek die tuisblad;
  • Vul die area in wat jy wil besoek, gevolg deur jou in- en uitklokdatums en die aantal gaste;
  • Kliek op “Soek akkommodasie” om jou soektog te begin;
  • Sodra jy by die resultateblad is, rol aan die linkerkant van die skerm af om al die filters te sien (en kliek op die rolstoelvriendelik-filter);
  • Nou kan jy rustig deur die rolstoelvriendelike plekke lees om die perfekte verblyf te vind.

Hooffoto: Unsplash