Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad!

Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar.

Koos Kombuis tree die 3de Maart in Stellenbosch by die stadsaal op. Dié legende is ’n bekende naam in die volksmond en bekoor nog steeds, na al die jare, sy gehoor met lekker saamsing-liedjies wat ’n mens met heimwee en nostalgie vul.

LekkeSlaap het so ’n bietjie met Koos Kombuis gesels om ’n paar staaltjies rakende toer en gunstelingliedjies by hom te kry, en ook om oor die moontlikheid van nog ’n digbundel uit te vind!

LS: Van al die jare se toer, waar was jou gunstelingplek om te gig?

KK: Waarskynlik Oppikoppi, hoewel ek nou te oud is vir daardie geraas. Ek dink deesdae baie terug aan die intimiteit van my heel eerste shows in die ou H.B. Thom in Stellenbosch, met net my kitaar, my barstoel en my bottel rooiwyn.

LS: Van al jou liedjies wat jy nog live speel, wat is jou gunsteling?

KK: Ek gaan deur stadiums waarin ek van verskillende songs hou. Onlangs het ek “Travel in Staail” weer ontdek…dis nogal ’n lekker song om te sing.

LS: Die Voëlvry-beweging het destyds lekker die gek met die land se hoë bome geskeer. Dink jy daar sal ooit weer plek vir so ’n toer in Suid-Afrika wees?

KK: Daar is tyd en plek vir so iets, maar ek wil nie deel daarvan wees nie. Dis iets wat die jongmense moet doen. En ek hoop hulle maak nie dieselfde foute as ons nie. Dis nie nodig om drugs te vat om te protesteer nie! (Rooiwyn is genoeg.)

LS: Op jou webtuiste noem jy: “Ek was mal oor die army, al was ek useless met ’n geweer”. Hoe het dié verhouding jou liedjieskryf in die 80’s en die Voëlvry-beweging beïnvloed?

KK: Ek was mal oor die army om al die verkeerde redes. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek so lank weg van die huis af was. En ek het vreeslike lekker pelle gemaak. Die skietery, ja, dit was nou ’n ander storie…

LS: Wat beïnvloed jou skryfwerk deesdae?

KK: Ek probeer ophou om outobiografies te skryf. Deesdae is ek geïnteresseerd in stories oor ander mense. Enigiets, van vervolgverhale vir Vrouekeur tot kinderboeke vir Naledi.

LS: Jou laaste digbundel, Vandag Wil Ek My Blou Skoene Dra, is in 2018 gepubliseer. Is daar ’n kans dat ons ooit weer ’n nuwe Koos Kombuis-bundel op die rakke sal sien?

KK: Daardie bundel is uitverkoop! Ten spyte, of as gevolg van, die slegte resensies? Toe Naledi my vra of ek ’n herdruk soek, het ek gesê, wag eers tot ek nog ’n paar gedigte bymekaar het, dan bring ons oor ’n paar jaar ’n dikker boek uit met die titel Ek Wil Nog Steeds My Blou Skoene Dra. Want ek weet nou nog my blou Crocs sal dan nog my gunsteling-skoene wees. Ek is op my gelukkigste as ek saans op my stoep sit met my blou Crocs en ’n glas rooiwyn.

Ná so ’n gesellige aand van Afrikaanse folkmusiek in die wynland, kan die pad terug huis toe nogal lank wees. So, kliek hiér vir verblyfopsies in dié geweste en maak sommer ’n langnaweek van die geleentheid!

Ons top-keuse:


Ander lekke opsies:

Hierdie week se program:

Nataniël | 26 Februarie | Kroonstad | Bespreek hiér | Bly hiér
Nataniël | 28 Februarie | Oudtshoorn | Bespreek hiér | Bly hiér
Laurika Rauch & Clinton Waring | 1 Maart | Stellenbosch | Bespreek hiér | Bly hiér
Nataniël | 2 Maart | Bloemfontein | Bespreek hiér | Bly hiér
Laurika Rauch & Clinton Waring | 2 Maart | Stellenbosch | Bespreek hiér | Bly hiér
Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee & Johrné van Huyssteen | 2 Maart | Robertson | Bespreek hiér | Bly hiér
Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee & Johrné van Huyssteen | 3 Maart | Stellenbosch | Bespreek hiér | Bly hiér

Volgende week se program:

Coenie de Villiers & Deon Meyer | 6 Maart | Sasolburg | Bespreek hiér | Bly hiér
Romanz | 9 Maart | Tzaneen | Bespreek hiér | Bly hiér
Nataniël | 14 Maart | Welkom | Bespreek hiér | Bly hiér
Nataniël | 15 Maart | Kimberley | Bespreek hiér | Bly hiér
Romanz | 16 Maart | Durbanville | Bespreek hiér | Bly hiér

Moenie ons onderhoud met nóg ’n ster in volgende week se OPTOG!-blog misloop nie en kliek hiér om ons onderhoud met Jak de Priester in verlede week se blog te lees.

Hooffoto: Verskaf