Droom jy oor interessante en effens vreemde verblyf? Kies en keur tussen Middeleeus geïnspireerde kastele, ’n ou treinkompartement, ’n tronk uit die Anglo-Boereoorlog en vele meer. Met LekkeSlaap se rits vrolike, dog vreemde verblyf is jy daarvan verseker dat jou volgende vakansie allermins vervelig sal wees. 

Castle in Clarens – Rapunzel’s Tower and Aladdin’s Palace

Clarens

Castle in Clarens - Rapunzel's Tower and Aladdin's Palace

Castle in Clarens – Rapunzel’s Tower and Aladdin’s Palace is in die hartjie van die Malutiberge geleë en hiér kan julle tussen twee majestueuse kastele kies wat elkeen as ’n selfsorghuis verhuur word. Elke kasteel het twee slaapkamers met en suite-badkamers, ’n kombuis en ’n privaat stoep, en dekor wat eie is aan die sprokie wat dit verteenwoordig. Kom voel weer soos ’n kind en reis terug in tyd na jou gunsteling-sprokie. 

Castle in Clarens - Rapunzel's Tower and Aladdin's Palace

Vyfster The Old Jail

Britstown

Vyfster The Old Jail

Het jy nog altyd gewonder hoe dit sou wees om ’n tronk jou tuiste te noem? Vyfster The Old Jail bied gerieflike verblyf in die ou Britstown-gevangenes wat nou ’n gastehuis is. Gaste kan tussen drie ou, opgeknapte tronkselle met en suite-badkamers kies, asook die Ondervragingskamer met slaapplek vir ses waar gevangenes eens op ’n tyd werklik ondervra is.

Hierdie tronk is in die laat-1890’s gebou en talle mense is van mening dat die tronk die gevangenes van die Anglo-Boereoorlog gehuisves het. Hiér kan jy ’n blik op die verlede kry deur die foto’s en die gegraveerde name op die granietmure te bestudeer.

Vyfster The Old Jail

Kokiville Homestead

Mbombela (Nelspruit)

Kokiville Homestead

Kokiville Homestead bied gerieflike verblyf op ’n plaas in Mbombela (Nelspruit). Indien jy die School Bus Living-eenheid kies, bly jy in ’n 1973-skoolbus wat in verblyf met slaapplek vir twee gaste omskep is. Dié retro-skoolbus het al die geriewe wat jy sal nodig hê en sluit ’n kombuisie, braaigeriewe en gratis WiFi in. Hiér word jy deur grasgroen natuur omring en kan jy lekker jou batterye in hierdie unieke verblyf herlaai. 

Kokiville Homestead

Castle de Wildt

Modimolle

Castle de Wildt

Verbeel jou jy is ’n koninklike by hierdie gastehuis wat nés ’n regte egte kasteel lyk. By Castle de Wildt het die horlosie by die tyd van Koning Arthur en die Ridders van die Ronde Tafel gaan stilstaan. Hiér word ’n Middeleeuse en ’n moderne tema, wat gaste na ’n ander eeu wegvoer, gekombineer. Die kasteel het 15 gastekamers wat elk slaapplek aan twee gaste bied, ’n restaurant op die perseel waar gaste aan etes kan smul en dit kan ook vir konferensies en ander geleenthede gehuur word.

Castle de Wildt

Cape Recife Lighthouse Villa

Somerstrand

Cape Recife Lighthouse Villa

Aandag alle seeliefhebbers – het jy al ooit gedroom jy bly in ’n vuurtoring? Cape Recife Lighthouse Villa is in die Cape Recife Natuurreservaat in Somerstrand geleë. Hierdie vuurtoring spog met ’n skilderagtige uitsig oor die see, bied slaapplek aan vier gaste en beskik oor twee ruim slaapkamers. Bring jou geliefdes of vriende saam om in hierdie unieke ervaring te deel en gooi ’n vleisie op die kole in die ingeboude braai terwyl julle oor die see tuur.

Cape Recife Lighthouse Villa

Diamond X Cowboy Ranch

Rayton

Diamond X Cowboy Ranch

By Diamond X Cowboy Ranch in Rayton, Gauteng kan jy die wilde weste ervaar, jou cowboy-hoed aantrek en jou kom verbeel jy is ’n Dallas-cowboy. Hiér kan jy jou cowboy-hoed aantrek en ’n onvergeetlike vakansie geniet. Dié perde- en beesplaas het regte egte opgeleide cowboys wat ’n outentieke cowboy-ervaring verseker en jou op opwindende perd- en beesritte neem. 

Kies tussen ’n verskeidenheid plaashuisstyl-kamers, of maak van die  kapel, lokaal vir funksies, kroeë, sigaarsitarea en ontspanningsgeriewe, wat ‘n pooltafel insluit, gebruik. Kom rol jou moue op en durf een van die daaglikse aktiwiteite op die plaas aan, soos om die stalle skoon te maak of die beeste op te pas.

Diamond X Cowboy Ranch

Milkwoodbend Farm Resort

Oos-Londen

Milkwoodbend Farm Resort

Ou karavane het nog nooit so oulik gelyk nie! Milkwoodbend Farm Resort bied verblyf in ou karavane wat pragtig opgeknap is. Hierdie unieke vakansiebestemming is op ’n kusplaas agter ’n inheemse woud in die Oos-Kaap geleë.

Kies en keur tussen sewe oulike selfsorgkaravane, elk met ’n kombuisie en braaigeriewe op die stoep. Die strand is net ’n vinnige stappie van 150 meter ver en natuurliefhebbers kan ook hiér voëlkyk, visvang en voetslaan. Nóg goeie nuus – Wagter is ook welkom!

Milkwoodbend Farm Resort

The Red Caboose

McGregor

The Red Caboose

Oornag in ’n pragtige ou trein in McGregor, waarin tyd heeltemal kom stilstaan het. Die treinwa bied slaapplek aan twee volwassenes en twee kinders, en beskik oor twee slaapkamers en ’n kombuis met alles wat jy sal nodig hê om maaltye voor te berei. Buite kan julle ook in die plonspoel baljaar en lekker by die vuurput braai. 

The Red Caboose

Veldhuisie Bus and Ecocabin

Hopefield

Veldhuisie Bus and Ecocabin

Kom woon in ’n ongekunstelde, ou bus en ’n houthuisie op ’n kleinhoewe in Hopefield aan die Weskus. Hierdie verblyf word deur ongerepte natuurskoon omring en bied algehele privaatheid – tussen niks en nêrens. Hier is slaapplek vir vier gaste en julle kan lekker in die hangnet uitspan, of in die houtvuurwarmbad agteroorsit. Die verblyf spog ook met ’n houtdek, braaigeriewe en ’n kaggel.

Veldhuisie Bus and Ecocabin

Excalibur Boutique Hotel

Rustenburg

Excalibur Boutique Hotel

LekkeSlaap het werklik kasteelagtige verblyf te kies en te keur. Excalibur Boutique Hotel is ’n viersterhotel wat majestueuse verblyf uit ’n vergete era bied. Die unieke kamers kom reguit uit die Middeleeue en selfs die badkamers is koninklik versier. Elke kamer bied slaapplek aan twee en spog met ’n TV met Netflix, WiFi en ’n balkon. Bedags kan jy die manjifieke tuine verken en saans vir ’n Middeleeuse maaltyd met ’n moderne kinkel by die restaurant op die perseel aansit. Hier is ook ’n kapel vir ’n troue  wat jou spesiale dag nóg meer spesiaal sal maak. 

Excalibur Boutique Hotel

Daar het julle dit! By LekkeSlaap is daar ’n rits betowerende blyplekkies wat jou vakansie vir seker sal ophelder. Loer gerus op ons webtuiste na al die ander juwele wat ons bied, of kliek hiér vir nog vreemde verblyf-opsies.

Hooffoto: Castle de Wildt (LekkeSlaap)