Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Seisoenaal

Allerlei Avontuur op ’n Selfry-rit in die Addo-olifant Nasionale Park

Soos gesien op Maroela Media. “Oom Olifant, jou reuse-dier, die mense lag vir hul plesier. Want waar het jy al ooit gehoor, van ’n stertjie van agter en ’n stertjie van voor?” ─ Afrikaanse kindervers Sagmoedige reuse spuit mekaar by die watergat nat, ’n trop sebras galop verby, en die hemelblou lug kry rooi en […]

Jeffreysbaai: Son, See, Skulpe en Branderplankry

Jy lê op jou branderplank en roei terwyl jy op daai grote wag … Dan rol die perfekte golf nader en jy voel hoe die adrenalien deur jou are bruis ─ jy spring opgewonde op jou branderplank en ry sielsgelukkig saam met die brander! Jeffreysbaai is sinoniem met branderplankry en dié watersport se entoesiaste kom […]

Somervakansie: ’n Selfsorggesinswegbreek op die Tuinroete

“… Sambrele, sambrele, ’n bloue, ’n gele, staan oral gepak op die strand. Dis grafies en emmers, die mooiste kastele, gebou op die spierwitte sand. Dis kinders wat skater en plas in die water, Pa lê so lui op sy rug. Desembervakansie, die son dans ’n dansie en lag in die helderblou lug …” ─ […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

Winterwegbreek in Winterton: Die Poort tot die Sentraal-Drakensberg

Jy staar droomverlore na die kaggelvuur terwyl die reën buite giet ─ ’n berghut en ski-vakansie in die Alpe sal glad nie te versmaai wees nie … Dis egter nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om dié droom te bewaarheid nie omdat ons immers ’n besonderse bergreeks op eie bodem het ─ die Drakensberge! Dié […]

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter

Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het  ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel […]

Swakopmund: Sandduine, Seesand en Salige Dae

“As Swakopmund se mis so goud en koper skyn, die juweel van die Skedelkus op die heup van die woestyn … ” ─ Valiant Swart As die Namibwoestyn aan jou een kant is en die Atlantiese Oseaan aan jou anderkant, móét daar iets besonders in die middel skuil ─ en dís Swakopmund! Dié woestyndorp is […]

Vier Elke Seisoen in Hogsback

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem