Oorspronklik geskryf deur Nanje Lourens soos gesien op Maroela Media.

Maak die heel beste van ’n naweek deur behoorlik van beknopte kantore, konstante e-posse en nimmereindigende verkeer weg te breek. Sit agteroor op ’n stoep met die bosveld as jou agterplaas of bespreek verblyf met betowerende berguitsigte wat die kantoordae soos iets van die verlede sal laat voel — al klok jy Maandag weer in!

LekkeSlaap het tien sakpas-wegbreke naby Gauteng gaan soek sodat jy ’n welverdiende blaaskans buite die stad kan bespreek; sónder om ’n arm en ’n been aan slaapplek hoef af te staan. Kom verdiep jou in die natuur met wildritte en staptogte of skop jou skoene uit en geniet ’n naweek by die water.

Riverman Cabin Country Lodge

Dullstroom

LekkeSlaap Accommodation

Is jy op soek na iets troeteldiervriendelik in die Tonteldoosvallei? Riverman Cabin Country Lodge is sowat 30 kilometer Noord van Dullstroom geleë en is die ideale bestemming buite die stad vir groot en klein gesinne met vierbeenfamilielede wat nie by die huis wil bly en verlang nie. Kies een van die selfsorgkothuise watt slaapplek vir tot tien gaste bied en beleef  die verskeidenheid geriewe en aktiwiteite, soos baars- en kunsvlieghengel, ’n staproete, piekniekplek en ’n boma-area. Kom maak ’n draai by hierdie plek met die donkies en bewonder die uitsigte op die Steenberge.

Diamond Creek Bush Lodge

Naboomspruit

LekkeSlaap Accommodation

Die gely is nou verby, want hiér kom jou soeke na wonderlike wildritte uiteindelik tot ’n einde! Diamond Creek Bush Lodge is sowat 9 kilometer vanaf Mookgopong en bied verblyf in chalets met uitsigte op die Waterberge en spog onder meer met ’n swembad, gasbraaigeriewe en ’n boma-area. Niemand hoef hulle tone te tel nie aangesien aktiwiteite soos fietsry, wildritte en voëlkyk, asook voetslaanroetes en twee gholfbane eindelose vermaak bied. 

Magalies Mountain View Cottage

Hekpoort

LekkeSlaap Accommodation

Maak jou gereed vir ’n magiese wegbreek met asemrowende berguitsigte by Magalies Mountain View Logde in Hekpoort. Dié gesinsvriendelike kothuis met pragtige berguitsigte vanaf die stoep bied salige selfsorgverblyf aan vier in ’n rustige omgewing waar julle kan voëlkyk, braai en in die rivier, wat stapafstand vanaf die kothuis is, visvang. Gebruik al jou sintuie om die beste herinneringe tydens hierdie puik plaaservaring te maak en koop gerus van die rou heuning, konfyt en verskeie ander produkte wat op die plaas geproduseer word.

Kassaboera Lodge 

Hartbeespoort

LekkeSlaap Accommodation

Kassaboera Lodge is teenaan die water van Hartbeespoortdam en bied verblyf in twaalf volledig toegeruste slaapkamers met lugversorging en en suite-badkamers. Die verblyf is slegs dertig minute se ry vanaf Lanseria-lughawe en is ook naby besienswaardighede soos die Wieg van die Mensdom, Sun City en ander natuuroorde. Verder spog die lodge met ’n dranklisensie, veilige parkeerplek en ’n lieflike swembad  — spring in en bespreek nou!

Witgatboom Boskamp

Mookgopong

LekkeSlaap Accommodation

Wie het al ooit gekla oor ’n naweekwegbreek in die bos? Niemand sal mos so iets van die hand wys nie, so bederf die natuurliefhebbers in jou lewe en bespreek verblyf by Witgatboom Boskamp sowat elf kilometer buite Mookgopong. Kies ’n kothuis of ’n houthut en verken die area met begeleide wildritte, boswandelinge, voëlkyk, swem en gholf. Dis die perfekte plek vir ’n gesinswegbreek met braaigeriewe en ’n swembad waar kinders die natuur vrylik kan verken.

Stonefly Cottages

Dullstroom

LekkeSlaap Accommodation

Daar is min dinge wat so aanloklik is soos ’n rustige naweek met niks meer as die geluid van die knetterende vuur en die naggeluide nie. Stonefly Cottages is sommer ook geskik vir ou Snippie sodat niemand hierdie blaaskans hoef mis te loop nie. Verblyf word in vier kothuise met kaggels, privaat stoepe en braaigeriewe gebied wat elk slaapplek vir twee gaste het. Hier kan julle kunsvlieghengel, die dorpie verken of die nabygeleë Dullstroom Natuurreservaat besoek.

Shamba Yetu Mountain Lodge

Rustenburg

LekkeSlaap Accommodation

Verruil die nimmereindigende stadsgedruis vir natuurskoon vol voëllewe, wild en pragtige uitsigte op die Magaliesberge. Kom skop jou skoene uit by Shamba Yetu Mountain Lodge tussen Magaliesburg en Rustenburg. Hier wag idilliese verblyf in selfsorgeenhede wat elk ’n plonspoel, vuurmaakplek en braaigeriewe het. Tente is ook beskikbaar vir dié wat hulself volkome in die natuur wil verdiep. Avonturiers kan gerus die 4×4 Boskamp besoek wat slegs ’n paar kilometer vanaf die verblyf is.

Buyskop Lodge, Conference and Spa

Bela-Bela

LekkeSlaap Accommodation

Droom jy van vakansieverblyf waar jy volkome kan ontspan terwyl die jongspan speel? Wel, kom baljaar dan by Buyskop Lodge, Conference and Spa in Bela-Bela in die Waterberg-bosveld. Verblyf is in chalets met rolstoelvriendelike badkamers of karavaan-kampeerplek met rolstoelvriendelike ablusiegeriewe beskikbaar. Die kersie op die koek is die twee swembaddens, ’n spa en Jacuzzi, asook die speelgrond vir kinders. Dis hiér waar jy en jou gesin almal verkwik ná die vakansie sal vertrek. 

The Stables at Critchley

Dullstroom

LekkeSlaap Accommodation

Maak seker jy mik in Mpumalanga se rigting vir ’n wonderlike tyd op ’n landgoed met uitsigte op die berge en oor die meer en tuine. The Stables at Critchley bied verblyf in kamers met stoepe of ’n kothuis met ’n braai-area — elke eenheid het slaapplek vir twee. Daar is ook ’n restaurant op die perseel, ’n privaat meer vol forel waar julle kan kunsvlieghengel, ’n buiteswembad en selfs ’n spa — praat van ontspan! Nee wat, pak jou tasse sommer nou en kies koers na hierdie skilderagtige omgewing.

Jackal Cry River View Tent

Skeerpoort

LekkeSlaap Accommodation

Jou soektog na sprokiesagtige verblyf wat die kantoor sommer ver sal laat voel, eindig by Jackal Cry River View Tent in Skeerpoort. Dit is naby Bill Harrop’s Balloon Safaris geleë, wat ideaal is vir die avontuurlustige klomp. Verblyf word in ’n tent met ’n dubbelbed en ’n gasstoof gebied. Buiten die groot verskeidenheid aktiwiteite, wat fietsry, stap, voëlkyk, draf en verkenningstogte van die omgewing insluit, kan motorfietsryers ook verkseie paadjies platry. 

Los Jan Tuisbly en sy karretjie by die huis, want jý het hierdie naweek ander planne. Kies prettige verblyf op ’n plaas of ’n kothuis met majestueuse berguitsigte waar jy heerlik in die platteland kan ontspan. Laat die grondpad jou lei na die natuur se prag waar jou volgende onvergeetlike naweek weg wag!

 Hooffoto: Diamond Creek Bush Lodge


Lees ook: 

10 sakpaswegbreke in die Wes-Kaap

Troeteldiervriendelike verblyf in Gauteng

Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat