Zimbali Architectural Villa
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mahogany-rylaan 6, Zimbali Coastal Estate, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R14 950 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Zimbali Architectural Villa is 'n pragtige selfsorgvilla op Ballito se gesogte Zimbali Coastal Estate. Die argitektoniese ontwerp van die villa laat gaste toe om die uitsig oor die meer, see, woud en gholfbaan te bewonder, vanaf die binne- en buite-areas wat pragtig saamsmelt. 'n Koi-dam omring die huis en skep 'n unieke grag-effek.
Die villa het sonkrag en 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel vir die WiFi en gaste sal dus nie die effek van beurtkrag ervaar nie.
Die pragtige villa bied slaapplek aan 8 gaste, byvoorbeeld 6 volwassenes en 2 kinders of 4 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 4 en suite-slaapkamers met manjifieke uitsigte oor die landgoed. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n privaat sitarea, 'n studeerkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en luukse toebehore toegerus. Die villa het 2 sitareas, 'n aparte opwaskamer en 2 buite-eetareas. Gaste kan in die randvloei-swembad afkoel, terwyl hulle die uitsig oor die meer en gholfbaan bewonder.
Die Zimbali Coastal Estate bied 'n verskeidenheid geriewe en aktiwiteite op die perseel, soos direkte toegang tot die strand, 'n 18 putjie-gholfbaan wat deur Tom Weiskopf ontwerp is, 'n spa, fiets- en staproetes, voëlkyk, joga, kajakvaar, restaurante, tennis, pikkelbal, basketbal, netbal, sokker, swem, putt-putt en krieket.
Slaapplek
’n Bespreking by Zimbali Architectural Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Mahogany-rylaan 6, Zimbali Coastal Estate, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Port Zimbali Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mahogany-rylaan 6, Zimbali Coastal Estate, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom