Witgatboom Verblyf
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Witgatboom is in 'n wildkamp op 'n werkende skaap- en wildsplaas in die hartjie van die Bo-Karoo, tussen Hopetown, Orania en Strydenburg. 'n 40 km lange grondpad lei vanaf die N12 na die verblyf en 'n bakkie of 'n SUV word benodig.
Gaste kan die asemrowende sonsondergang, sterre, rustigheid en die stilte van die natuur geniet. Daar is ook verskeie wildspesies wat op die plaas gesigwys. Witgatboom is ideaal vir 'n oornag of 'n wegbreek-naweek.
Verblyf word in 'n selfsorghuis aangebied wat slaapplek vir 4 gaste het met 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstofie, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n toonbank met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die krag word met 'n sonpaneel voorsien. DIe sitarea het sitplek waar gaste kan ontspan. Voudeure lei na 'n buitearea met 'n vuurput-braaiarea.
Daar is 2 uitkykpunte wat gaste met die pragtige, eindelose Karoo-plein en veldroetes vir stap en fietsry bederf.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
- Gaste dink Witgatboom Verblyf het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bo-Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fransville-plaas, 40 km vanaf Hopetown, Kraankuil, 8750, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom