Windsong Cottage
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Windsong Cottage bied knus selfsorgverblyf in die prentjiemooi dorp Van Ribeeckstrand wat reg langs die gewilde Melkbosstrand geleë is. Dit is ideaal vir 'n vinnige kuswegbreek en is etlike treë vanaf die strand.
Die knus eenheid bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Hierdie area het ook 'n sonnige sitarea met 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met sitplek en braaigeriewe wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Van Riebeeckstrand Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12