Wild Forest Inn
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Wild Forest Inn is aan die rant van 'n natuurlike woud geleë, aan die voet van die berg en die Bonnet-pas wat oor die dorpie Graskop en die asemrowende oostelike platorand van Mpumalanga uitkyk. Die bekoorlike, versteektechalet is vir selfsorg toegerus en bied knus verblyf aan 2 tot 4 gaste.
Die chalet het 'n oopplan-uitleg en beskik oor 'n slaapkamer, kombuisie en 'n gras-en-teëldak wat 'n ongekunstelde atmosfeer bied. Daar is slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed en nog 2 op enkelmatrasse op die solder bo die hoofslaapkamer. Die solder word met 'n leertjie bereik en is ideaal vir kinders.
Die badkamer het 'n bad, handstort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met basiese kookgeriewe, eetgerei, breekware, 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Die eenheid het 'n TV met Openview HD. 'n Draagbare rooster is vir gaste wat buite wil braai, beskikbaar.
Die stoepie en grasperk bied 'n pragtige uitsig oor die platorand van Mpumalanga tot by God's Window.
Linne, kussings, komberse en handdoeke word voorsien. Gaste is vir die skoonmaak en netheid van die chalet verantwoordelik, maar 'n daaglikse skoonmaakdiens kan gereël word.
Wild Forest Inn is net 5 km vanaf Graskop, 10 km vanaf Pelgrimsrus en 24 km vanaf Sabie. Dit is 'n gemaklike reis-afstand vanaf Mbombela (Nelspruit), die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe, die Krugerwildtuin, Mosambiek en Swaziland.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Dan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 143
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink Wild Forest Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graskop Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Bonnet, R532, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom