Wernich Landgoed
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Wernich Landgoed is op 'n prentjiemooi plaas 15 km buite George en 5 km vanaf Glentana-strand geleë. Die plaas is naby hoofweë, verskeie besienswaardighede en ander dorpe. Dis die ideale basis waarvandaan gaste die Tuinroete kan verken.
Verblyf word in 3 selfsorg-eenhede aangebied. Elke eenheid het 'n pragtige uitsig oor die plaas en op die berge en bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Al die hoofslaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die eenheid se badkamer het 'n stort.
Elke eenheid se kombuis is met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het 'n knus sitkamerstel, TV en 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die leefarea bied toegang tot 'n privaat balkon of 'n stoep met 'n uitsig oor die plaas en omgewing. Buitebraaigeriewe is by elke eenheid beskikbaar.
Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit Redberry Farm waar besoekers kan gaan aarbeie pluk en wynproe, Garden Route Mall, verskeie restaurante en strande in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Edelweiss Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Jare op LekkeSlaap 4
Ligging
- Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Wernich Landgoed het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom