Vista Sul Mare
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Gentoostraat en Juno-keeromstraat, Agulhas, 7288, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Vista Sul Mare bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n vierslaapkamerhuis. Die huis is op 'n heuwel en het ’n lieflike uitsig oor die see, op die heuwels en oor Agulhas.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 2 en suite is. Drie van die slaapkamers is op die boonste verdieping en die vierde slaapkamer is op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort en ’n toilet. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met ’n yskas, oond, stoof en ’n mikrogolf toegerus. Die leefarea het lekker groot vensters om die uitsig te geniet. Die sitarea het ’n TV met ’n DStv-koppelpunt, gaste kan dus hul eie DStv-dekodeerde en slimkaart saambring. Gaste kan ontspan, braai, gaan visvang of afstap na die see. Gaste kan ook die Kaap Agulhas Vuurtoring besoek or die Agulhas Nasionale Park.
Slaapplek
’n Bespreking by Vista Sul Mare sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Gavin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hoek van Gentoostraat en Juno-keeromstraat, Agulhas, 7288, Wes-Kaap
- Gaste dink Vista Sul Mare het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Gentoostraat en Juno-keeromstraat, Agulhas, 7288, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom