Tiervlei Farm Accommodation
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Plaas Tiervlei, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Tiervlei Farm Accommodation is naby Carnarvon in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek. Saans is die helder sterrehemel werklik besonders en gaste sal die plaaslewe hier by Tiervlei behoorlik kan geniet. Die plaas is sowat 38 km vanaf Carnarvon.
Die huis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Buite is daar nog 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook gasgeiser.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en -oond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, eetgerei en komplimentêre beskuit.
In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n knus kaggel om die ergste winterkoue af te weer.
Daar is gerieflike buitebraaigeriewe waar gaste gesellig kan kuier.
Die plaas maak van sonkrag gebruik en gaste word versoek om krag asb. nie oormatig te gebruik nie. 'n Donkie moet deur gaste gestook word om warmwater aan die huis te verskaf.
Bring gerus bergfietse saam en kom geniet 'n veilige, sorgvrye Karoovakansie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Maaltye Aangebied
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Oond
- Stoof
Ligging
- Plaas Tiervlei, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Plaas Tiervlei, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom