The Residence by Atzaró
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moltenoweg 82, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R38 000 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
The Residence by Atzaró bied luukse verblyf in 'n villa in Kaapstad. Die villa is deel van Atzaró-groep, 'n internasionale, luukse gasvryheidshandelsmerk wat gehaltediens verseker. The Residence by Atzaró strek oor 'n paar verdiepings en skuil aan die voet van Tafelberg. Hierdie villa het 'n 'mid century'-styl en bied 'n 360 grade-uitsig vanaf Duiwelspiek tot by Leeukop en die middestad.
Die villa bied slaapplek aan 14 gaste in 7 privaat suites wat oor 4 verdiepings versprei is. Die 2 hoofsuites op die boonste verdieping is ruim en bied toegang tot 'n stoep en al die ander suites, oor die ander 3 verdiepings, is uniek, ruim en luuks. Elke suite het lugversorging, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort of net 'n stort, 'n sitarea, slim-TV, WiFi en 'n kluis.
Die ruim oopplan-leefarea is 'n lekker kuierarea. Gaste kan in styl ontspan met talle sitareas, 'n sentrale kaggel en groot glasmure met deure wat na 'n groot stoep met 'n panoramiese uitsig lei. Rusbanke, 'n slim-TV, musiektoerusting, WiFi, 'n studeerarea en toegang tot die swembad maak die leefarea luuks. Die ruim eetarea is langs die kombuis en sitareas. Die kaggel is naby en groot vensters raam die uitsig op Tafelberg. Die kroegarea is perfek vir onthaal en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 14 gaste. Die kombuis is met al die nodige kookgerei, breekware en eetgerei toegerus, bied direkte toegang tot die leefarea en het sy eie trappe na die braai- en swembadarea.
Die welstandsuite, met jogakamer, sauna, kleedkamer, masseerkamer en sapkroeg, is die perfekte plek om te ontspan en om te reflekteer en die gemoed te herstel. Die joga-spasie is groot genoeg vir privaat klasse of klasse van klein groepies. Die gimnasium, wat deel van die welstandarea vorm, is met hardloop-, fietsry- en trapmasjiene toegerus is.
Die villa se swembadarea is op 'n groot dekarea met 'n sitarea, dagbed, 'n sonbaai-area, 'n braai-area en onderdak-eetarea. Gaste kan lang, luilekker dae hier saam met familie en vriende geniet.
Jou Kaapstad-vakansie word nog beter gemaak deur die interne dienste wat die villa bied. Die ervare huisbestuurder is daar om na al jou behoeftes om te sien. Hy bied hulp en volledige inligting oor die villa, ontbyt, kosinkopies en die spysenieringsdiens. Die huis word daagliks skoongemaak en deur die instandhoudingspersoneel in stand gehou.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Moltenoweg 82, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Upper Gardens Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moltenoweg 82, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap