The Cottage @ Bella Vista
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 7 Mei 2024 tot 13 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens-weg, Castle End-plaas, Deel 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 100R935 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Cottage @ Bella Vista is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op 'n plaas in Underberg en bied 'n rustige wegbreek in die natuur. Dit is in 'n stil en skilderagtige deel van die Suidelike Drakensberge langs Drakensberg Gardens-weg geleë en is ideaal vir diegene wat sommer net wil ontspan.
Die oopplankothuis bied slaapplek aan 2 gaste en is met 'n omsetter toegerus om ononderbroke kragtoevoer aan die ligte, TV en WiFi tydens kragonderbrekings te verseker. Die kothuis het 'n dubbelbed en 'n rolstoelvriendelike en suite-badkamer met 'n stort, handstort, stortstoel, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel. 'n Derde persoon kan op versoek teen 'n ekstra koste geakkommodeer word. Gratis WiFi word voorsien.
Die kothuis lei na 'n welige grasperk met sitplek, 'n ketelbraai en genoeg ruimte vir die kinders om rond te hardloop en te speel.
Nabygeleë aktiwiteite sluit bergfietsry, voetslaan, gholf, 'n spa, perdry en plaaslike restaurante in. Let dat hierdie aktiwiteite onderhewig is aan bespreking en beskikbaarheid.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Drakensberg Gardens-weg, Castle End-plaas, Deel 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens-weg, Castle End-plaas, Deel 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom