The Big Tree Main House
Beskrywing
Gastekamer in Hoofhuis bied verblyf aan 'n gesin van 3. Dit kan 'n 4de persoon huisves, aangesien daar 'n slaapbank in die sitarea is. Gaste moet asb. net vooraf kennis gee, sodat daar beddegoed kan wees. Die oopplan-kombuis, sowel as -eetkamer en -leefarea is beskikbaar vir gaste se gebruik. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof, oond en yskas-vrieskas toegerus. Gaste het ook toegang tot onbeperkte WiFi, DStv Premium en wasgoedgeriewe. Braaigeriewe is binne en buite beskikbaar, en daar is 'n lieflike tuin.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Badkamer
- •Bad
- •En-suite
- •Stort
- •Seep
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Strykyster
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Prys sluit in
Basiese selfsorg met verhit-en-eetgeriewe.
Huisreëls
Let asb. dat daar permanente huurders op die perseel woon.
Die gaste moet sorg dat die vullissakke voor 07:00 op 'n Maandagoggend uitgesit word. Huishoudelike afval moet in swartsakke gegooi word en herwinbare materiaal in blou sakke. Slegs skoon items is herwinbaar.
Diere word nie toegelaat om op meubels, soos banke en beddens te slaap nie en die gaste is verantwoordelik vir enige skade wat deur die diere of hulself veroorsaak word. Huurder kan tralies tussen die kombuis en leefarea plaas, dan kan hulle in die kombuis slaap. Geen groot honde word toegelaat nie. Tariewe maak voorsiening vir diere en sou jy nie diere bring nie kan jy dit noem en 'n afslag sal oorweeg word.
Handdoeke word voorsien, maar mag nie op die strand gebruik word nie.
Indien skade aan die verblyf die deposito oorskry, sal die gas aanspreeklik wees vir die balans.
Die woonbuurt is stil, so geen oormatige geraas word toegelaat nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Margaret West-straat 2, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom