The Beach Club
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: The Beach Club 302, Beach E Boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Beach Club is in 'n woonstelkompleks in die hawedorp Mosselbaai. Die woonstel het luukse afwerkings en is naby die strand, waterpark en restaurante.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. 'n Kot is op versoek beskikbaar.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n toonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike balkon met meubels.
Mosselbaai is 'n hawedorp aan die suidooskus van Suid-Afrika, langs die skilderagtige Tuinroete. Mosselbaai is die tuiste van 'n magdom opwindende doendinge en is bekend vir die wye Santos-strand, die Cape St. Blaize-vuurtoring en 'n aantal klein museums. Avontuurlustiges kan doendinge soos branderplankry, abseil, sandplankry, duik, haaihokduik, valskermspring, safari-wildritte, olifantritte, seilvaart, voetslaan en bergfietsry geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Claudia Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 20
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- The Beach Club 302, Beach E Boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink The Beach Club het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: The Beach Club 302, Beach E Boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom