Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunbird Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yellow Wood-weg 24, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 995 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sunbird Villa bied luukse selfsorgverblyf en dit is ideaal vir gesinne wat op soek is na asemrowende see- en berguitsigte. Hierdie villa is hoog teen die Overberge geleë en het 'n groot tuin en grasperk waar kinders lekker kan speel.

Dié villa bied ontspanning, privaat kuierplek vir binne en buite met skuifdeure wat van die omheinde stoeparea na die ruim oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer lei.

Hierdie huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n pragtige see-uitsig en toegang tot die tuin. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en spog met 'n lieflike uitsig en toegang tot die tuin. Dit het 'n aangrensende badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Hierdie slaapkamer is teen die berg en het 'n aangrensende badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien. Die sitarea en omheinde stoep het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Die sitarea spog met 'n lieflike kaggel.

Gaste kan die privaat Fynbostuin geniet en die suikerbekkies wat gereeld kom kuier, dophou. Daar is 'n lekker buitelug-sitarea en 'n losstaande gasbraai, asook 'n Weber-braai. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die eiendom het 'n alarmstelsel. Daar is ook 4 fietse en helms vir gaste beskikbaar.

Onrus-Noord is 'n rustige, luukse woonbuurt. Hierdie area is langs die berg en bied 'n groot verskeidenheid voëllewe en hiér is gaste naby die natuur. Bekende Hermanus-strande, restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels is net 'n entjie se ry vanaf hierdie eiendom.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunbird Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Yellow Wood-weg 24, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 995
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 995
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yellow Wood-weg 24, Onrusrivier, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6887dbe7df44f83ace0d74587b522efffd78c975f161a2fc1d8bdb5100f20fa57bc128bd393f205e36d2711bf3de63495781?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 995 per nag (plek vir 6) 24 Yellow Wood Road Onrus River 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.4045042 19.1857517
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem