St Tropez 703
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 183, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
St Tropez 703 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige woonstelgebou in die hartjie van Strand. Hierdie woonstel bied 'n see-uitsig en is ideaal vir 'n paartjie of 'n klein gesin, aangesien dit net oorkant die strand is.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n slimboks. Gratis WiFi is beskikbaar. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Die woonstel is naby die Strand Promenade, 'n gholfbaan en Somerset Mall met winkels en restaurante. Die kompleks het ook wasgoedgeriewe wat met munte werk, sowel as gemeenskaplike braaigeriewe.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Chantel Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 115
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kusweg 183, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink St Tropez 703 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 183, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom