Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

St. Blaize Vista

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loreastraat 27, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 000 R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

St. Blaize Vista bied bekoorlike selfsorgverblyf in Danabaai, 'n buitewyk van Mosselbaai. Die huis is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek in 'n rustige omgewing.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4,5 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n koningingrootte-bed of 'n stapelbed. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die oopplan-leefarea spog met 'n pragtige uitsig en beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n pragtige uitsig oor die vallei en die see. Gaste kan in die swembad afkoel, die braaigeriewe gebruik of net op die buitemeubels ontspan. Gaste wat die omgewing wil verken, kan dalk wild gewaar en daar is ook 'n paar staproetes naby. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die huis is spesifiek ontwerp om voordeel uit die nabygeleë natuurreservaat te trek en spog met vensters wat vanaf die vloer tot die plafon strek en oop kan skuif om die natuur na binne te nooi. Die huis bied 'n pragtige uitsig oor die kloof wat deel van die bewarea vorm. Gaste sal op 'n daaglikse basis besoeke van hasies, swartmuishond, bosbokkies, tarentale en talle voëls ontvang. Die gewilde nagbesoeker, Ruan, is 'n gevlekte ooruil en hy jag graag saans in die agtertuin. Die pragtige uitsig oor die see en branders beteken ook dat gaste soms dolfyne en walvisse sal gewaar. Hiér kan 'n mens van tegnologie vergeet en Moedernatuur in haar volle glorie ervaar.

Die St. Blaize-roete is net 'n paar treë vanaf die huis en hierdie wêreldklas-staproete kronkel al langs die kuskranse tot by Mosselbaai se vuurtoring en bied uitstekende uitsigte langs die pad. Die roete vleg deur 'n verskeidenheid fynbos en is die tuiste van die hoogste aantal inheemse spesies in die Kaapse Blommestreek. Dis 'n moet-sien vir enige plantentoesias.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 5

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Spaans

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Loreastraat 27, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
R4 000 R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
R4 000 R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loreastraat 27, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa30013853f6bd99b3808d45189c3fb8ba5ded60d68868e131564dc32fd7e940a3f2261d9a75e583f32f197b309f311b61c71?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 000 nouVanaf R3 200 per nag (plek vir 8) 27 Lorea Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.201635714101 22.055482487697
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem