Sneeuberg Nature Reserve
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 16 Jun 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sneeuberg Natuurreservaat, Groot-Karoo, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 880R1 253 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sneeuberg Nature Reserve is in die hartjie van die Groot-Karoo tussen Nieu-Bethesda en Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Dit is op 'n natuurreservaat van 14500 hektaar wat die tuiste is van Nguni-beeste en 'n hele rits wildsbokspesies. Sneeuberg bied 'n outentieke, dog luukse Karoo-ervaring en het 4 verblyfopsies.
Kliphuis is in 'n baie privaat area in die Sneeuberg Reservaat geleë. Die opgeknapte skuur beskik oor 4 selfsorgslaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 'n privaat swembad waarin gaste lekker kan afkoel.
The Poplars is 'n tradisionele plaashuis wat luuks opgeknap is en ideaal is vir 'n groot gesin. Die huis beskik oor 5 slaapkamers en het slaapplek vir 11 gaste. Hierdie eenheid het 'n plaasstyl-swembad.
Karoo Cottage is 'n klipkothuis en dit beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet. Daar is draagbare braaigeriewe op die stoep. Daar is 'n binnenshuise kouewaterswembad wat gaste kan bespreek by ontvangs. Dit is oop vanaf 10:00 tot 18:00.
Gordonville Cottage beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n draagbare braai op die kothuis se stoep. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste.
Alhoewel daar warm dae is, koel dit altyd saans af en in die winter sneeu dit gereeld. Die berge is 'n belangrike opvangsgebied vir water. Daar is geen roofdiere nie, so dit is veilig om deur die reservaat te stap, te draf en fiets te ry en die landskap en wild te geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Daron Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Sneeuberg Natuurreservaat, Groot-Karoo, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Sneeuberg Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sneeuberg Natuurreservaat, Groot-Karoo, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom