Slakkepas 34
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 825R1 643 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Slakkepas 34 is 'n selfsorghuis in 'n veilige kompleks in Dwarskersbos, 'n rustige kusdorpie aan die Weskus. Dit is ideaal vir 'n gesin wat graag die Weskus wil verken en is ver van die gedruis van die stad.
Die grasdakhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n en suite-solderkamer. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Die solder het ook 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en wasmasjien toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n sessitplek-etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Gaste kan met hul eie besonderhede op die apps inteken om flieks en reekse te stroom. Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met 'n sitarea en die onderdakstoep op die onderste verdieping het ingeboude braaigeriewe en 'n buite-sitarea. 'n Motorafdak vir een voertuig is beskikbaar. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks.
Dwarskersbos is aan die pragtige Weskus geleë en bied toegang tot noemenswaardige besienswaardighede insluitend die Rocherpan Natuurreservaat, die Weskus Nasionale Park en ongerepte strande.
Slaapplek
’n Bespreking by Slakkepas 34 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Liezle Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 98
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Slakkepas 34, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom