The Dunes 70
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurboomstrandweg, The Dunes, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Dunes 70 is 'n selfsorgdupleks-eenheid in 'n veilige oord, agter die manjifieke sandduine in Keurboomstrand, 5 km vanaf Plettenbergbaai se middedorp.
Hierdie verblyf maak van sonkrag gebruik en het dus ononderbroke elektrisiteit met WiFi. Dié duplekseenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers.
Elke slaapkamer is op die boonste verdieping en die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, oorgenoeg kasruimte en 'n spieëltafel. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, kas en 'n spieëltafel. Die badkamer op die boonste verdieping het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is op die onderste verdieping en het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-leefarea met 2 rusbanke, 'n TV met Netflix, Showmax en YouTube. Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolf, 'n oond en stoof. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.
Die oord het privaat braaigeriewe en 'n privaat tuin. Daar is parkeerplek voor die eenheid beskikbaar.
Die oord bied baie geriewe en aktiwiteite. Kindervriendelike geriewe in die kompleks sluit 'n wipmat, oop grasperke, fietsrypaadjies, speelgrond en 'n speletjieskamer in. Die koffiewinkel word bestuur deur die gashere. Daar is ook 2 swembaddens buite.
Die plaaslike omgewing het 'n pragtige strand van 8 km lank wat vanaf Plettenbergbaai tot by Keurbooms en daar is verskeie aktiwiteite en besienswaardighede om te aanskou.
Slaapplek
’n Bespreking by The Dunes 70 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liezel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Keurboomstrandweg, The Dunes, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink The Dunes 70 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurboomstrandweg, The Dunes, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom