Seegedruis
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Mei 2024 tot 12 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Bietou-straat 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 200R2 880 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seegedruis is in Vermont en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende en is direk aan die see, 'n stukkie paradys met oneindige uitsigte.
Dié eenheid op die grondverdieping is deel van die hoofhuis. Daar is egter privaat ingange en geen toegang van een eenheid na 'n ander nie. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n dagbed in die leefarea met slaapplek vir 'n sesde gas.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike rusbanke. Daar is 'n eetarea met genoeg sitplek sodat gaste hul maaltye saam kan geniet.
Daar is 'n aparte braaikamer met 'n pragtige uitsig oor die see en van die sonsondergang.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Daar is 'n oorvloed swem- en hengelgeleenthede en die Rabie- en Davies-getypoele is stapafstand van die huis. 'n 40 minute-stappie sal jou na 'n pragtige reservaat met swem- en piekniekgeleenthede neem. Onrus se swemstrand is net 7 minute se ry ver.
Slaapplek
’n Bespreking by Seegedruis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Cora Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Bietou-straat 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Seegedruis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Bietou-straat 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom